Louis & Lise gesels oor prestasiedruk en hoe jy jou kind kan ondersteun

Louis Awerbuck op RSG

16 Januarie 2015

Wil jy graag jou kind motiveer om te presteer tot die beste van hulle vermoë? Is jy dalk nie seker hoe om dit te doen nie, of is jy bang jy plaas te veel, of te mín druk op jou kind? Louis & Lise gesels oor prestasiedruk en hoe jy jou kind kan ondersteun en laat floreer op alle vlakke.

#performance #child

Watter effek het dit op jou as jy jou werk verloor

Louis Awerbuck op RSG

9 Januarie 2015

Om jou werk te verloor in vandag se ekonomiese tye is nie net op ‘n finansiële manier ‘n nagmerrie nie maar op emosionele en sielkundige vlak.

#unemployed

Louis & Lise gesels oor die druk van die lewe

Louis Awerbuck op RSG

26 Desember 2014

Is jy bewus van die druk van die lewe? Die stres, die uitbranding, die misdaad, jou verhoudings, jou werk, jou finansies, en selfs beurtkrag! Slaap jy sleg? Eet jy sleg? Is jy meer geïrriteerd? Voel jy konstant moeg? Wens jy die lewe was net soms ‘n bietjie makliker? Louis & Lise gesels oor die druk van die lewe, en hoe jy jou lyf kan leer om te ontspan sodat die lewe jou nie beheer nie, en jy weer kan begin lewe.

#pressure

Watter invloed het jou ouers op wie jy is?

Louis Awerbuck op RSG

12 Desember 2014

Watter invloed het jou ouers op wie jy is? Kan dit ‘n verskil aan jou lewenskwaliteit maak om jou ouers werklik te leer ken? Louis en Lise vra of dit regtig nodig is om te weet wie jou ouers is, om te weet wie jy is, sodat jy jouself beter kan verstaan.

#parents

Louis & Lise bespreek luisteraarsbriewe

Louis Awerbuck op RSG

5 Desember 2014

Louis & Lise bespreek luisteraarsbriewe oor tieners wat angsaanvalle kry; hoe om huweliks probleme op te los; en hoekom sekere mense beheer MOET vat van alles in hulle lewens.