Dr Louis Awerbuck delivers consultations as a clinical psychologist from a private practice situated in Stellenbosch. The practice offers services to adolescents and adults in a professional environment, as well as online (virtual) consultations in certain instances. Appointments are available during the week. The practice focuses on the following areas:
conditions related to depression, anxiety/stress, and emotional trauma
interpersonal challenges
Forensic psychological (Medico-legal) assessment and witness
“EK kan dit nie waag om met hierdie lyf op die strand kom nie”, sê 'n student nou die dag vir my, in angstige afwagting van die Desember-vakansie wat saam met haar maats voorlê. “Mense gaan vir my kyk en my uitlag.” Sy is nie die enigste mens met soortgelyke vrese nie. “Gewoonlik bly ek maar stil in 'n geselskap,” beken 'n middeljarige rekenmeester ook onlangs. “Netnou dink die mense ek is simpel.”
Skei of bly – die impak van hoë konflik in langtermynverhoudings
Skei of bly – die impak van hoë konflik in langtermynverhoudings
November 28, 2023 deur Dr Louis Awerbuck
Hoëkonflikegskeidings voorspel onheil vir die kinders se emosionele lot. Die hoofrede hiervoor is dat die meeste "hoëkonflikouers" eenvoudig volhard met hulle antagonistiese en konflikbelaaide gedrag teenoor mekaar nadat hulle geskei het. Natuurlik sal die meeste van die nuutgeskeides voorhou dat hulle slegs die kinders wil beskerm en geensins hul eie behoeftes wil laat geld nie.
Gedurende 1985, in ons standerd 9-jaar in die Oos-Vrystaat, was Juliana Combrinck (skuilnaam) vir ongeveer vier maande skielik nie by die skool nie. Aanvanklik het min leerders dit agtergekom, maar ná ’n paar weke het die bespiegelings begin. Haar ouers het nie verhuis nie, sy is nie na ’n ander skool nie, en Ansie Gerber, wat in dieselfde straat as Juliana gewoon het, het hoog en laag gesweer dat Juliana bloot tuis bly.
Doodswyging sou seker in die meeste kontekste as ’n radikale vorm van kommunikasie beskou kon word, maar dit is al wat dit is: ’n vorm van kommunikasie. As iemand nie meer jou pogings tot kommunikasie wederkerig nadoen nie, of jou ignoreer, beteken dit dalk dat die persoon nie met jou wil woorde uitruil nie. Die verskynsel van doodswyging as ’n vorm van kommunikasie word egter soms in die media, en veral die sosiale media...
Vanaf opgeskrewe tye word volke of nasies beskryf volgens hulle kollektiewe “persoonlikhede”. Daar word nog altyd wyd aangeneem dat verskillende etniese groepe wat vanuit een nasionale grondgebied ontspruit, sekere kenmerkende gedragspatrone, denkpatrone en emosies ten toon stel. ’n Nasionale persoonlikheid of psige, indien so iets enigsins sou bestaan, sou aandui hóé ’n nasie oor die algemeen is.
Oor Lisa Marie, Gerrie, en ander bewysstukke van gister
Oor Lisa Marie, Gerrie, en ander bewysstukke van gister
Januarie 20, 2023 deur Dr Louis Awerbuck
DIT is skaars 2023. Teësinnig worstel ek deur die oggend se nuusberigte, vasgeknel tussen twee interne gode wat gelyktydig gedien wil word. Die een beywer hom daarvoor om ingelig te bly en darem min of meer te weet wat in die wêreld aangaan, die ander woeker vir ’n mate van interne vrede en wil nie meer te doen hê met berigte oor ellende nie.
Sportsterre nie gevrywaar van probleme met geestesgesondheid
Sportsterre nie gevrywaar van probleme met geestesgesondheid
Desember 16, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
Nadat die 26-jarige Springbok-rugbyspeler Sbu Nkosi onlangs verdwyn het, het die geestesgesondheidsprobleme van prominente sportmense weer onder die loep gekom. Daar bestaan nie genoeg diep en grondige navorsing oor die spesifieke voorkoms van geestesongesteldheid onder elite sportlui nie, maar in werklikheid lyk dit of die voorkoms beduidend hoër is...
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
November 9, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
Outobiografieë is universeel gewild. Om eerstehandse inligting uit die perd se bek te hoor, kan vir ’n leser insig bied in iemand anders se leefwêreld wat heeltemal anders kan wees as die gewone vele “ware verhale”. Outobiografiese vertellings is meer vermaaklik en soms meer makaber as feitelike leesstof.
MENSE kies wêreldwyd om vermaak te word met die uitbeelding van misdaadgebeure. Ware misdaad (“true crime”) is uiters gewild, en vermaaklikheidsprogramme vanuit hierdie genre lok universeel rekordkykersgetalle na die skerm. Hoe meer daar boonop grieselrigheid en geweld met die uitbeelding van oortreders se wandade gepaardgaan, hoe hoër styg kyksyfers, en hoe breër glimlag die vervaardigers op pad bank toe.
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie
Augustus 24, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
Daar is sekerlik niemand wat nie hartseer, swaarkry of persoonlike teëspoed ken nie. Almal ervaar een of ander tyd ’n verlies van iemand, iets, of dinge wat nie uitgewerk het nie. Sommige mense ervaar verskriklike trauma en persoonlike terugslae waaroor daar in die media gelees kan word, terwyl ander stilweg en ongesiens temas van swaarkry dra en probeer verwerk.
Vergeet om te onthou: As jou geheue die werklikheid verdraai
Vergeet om te onthou: As jou geheue die werklikheid verdraai
September 23, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
ONTHOU jy die Monopoly-man? Die oom met die pluiskeil en snor wat so deel is van die bekende bordspel se handelsmerk? Hy dra mos 'n monokel as deel van sy mondering, reg? Verkeerd. Indien jy die Monopoly-man onthou met ’n monokel, ervaar jy waarskynlik die fenomeen wat bekend geword het as die visuele Mandela-effek.
Angsmonster is die ‘bose embrio’ van mediese krisis wat broei
Angsmonster is die ‘bose embrio’ van mediese krisis wat broei
Julie 22, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
JY voel deurgaans onrustig, asof daar iets groots fout is. Asof iets slegs gaan gebeur, maar jy weet nie wat nie. ’n Permanente hol kol op jou maag, asook ’n kenmerkende gejaagde gevoel, het deel van jou lewenspatroon geword. Jy sukkel om te ontspan, jou gedagtes maal, en jou konsentrasie kom en gaan.
Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige
Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige
Julie 8, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
Die meeste mense vind dit onaangenaam en terneerdrukkend om na ’n lang dag by die huis te kom en dan in die donkerte te moet sit of sonder lig moet sukkel. Daar is dus weinig twyfel daaroor dat beurtkrag ’n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse psige het, en tot kollektiewe moedeloosheid bydra.
Taboes: Wat is vir jou so laakbaar dat dit ondenkbaar is?
Taboes: Wat is vir jou so laakbaar dat dit ondenkbaar is?
Junie 17, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
“KOM gou! Julle moet nou kom!” Varkie het by ons koshuiskamer ingebars, sy oë groot en blink van opwinding. Dit was 1983 en ons was in standerd 7. As Varkie na ligte-uit dit gewaag het om in die gange rond te sluip, moes daar iets groots gebeur het.
HULLE wil ons werk vat. Hulle het niks bygedra tot enigiets nie, maar nou kom teer hulle op ons hulpbronne wat reeds te min is vir onsself. Hulle het vreemde gelowe, hulle eerbiedig nie ons gewoontes nie en hulle is nie ons tipe mense nie. Ons kan hulle nie vertrou nie. Ons moet ons teen hulle beskerm. Hulle steek goed vir ons weg.
Koue stiltes, bulderende argumente: Kan so ’n verhouding nog werk?
April 20, 2022 deur Dr Louis Awerbuck
“HY is ’n narsis, hy het al die tekens.”
Sy vertel van laas week, toe hy die deur so hard toegeslaan het dat die paneel gekraak het. Hoe hy voor die kinders op haar geskree het dat die bure dit kon hoor. Wat hy als vir haar gesê het en haar as ondankbaar en selfsugtig uitgeskel het...
“POUSE kry ek jou. Agter die hokkies!” het Ystervark Verwey in my gesig gesis. Ek was niksvermoedend besig om ’n som te ontsyfer in ou Ollie se klas. Om agter die fietshokkies gekry te word het net één ding beteken: Daar gaan fisiek baklei word, wat ’n definitiewe wenner en veral ’n definitiewe verloorder gaan oplewer.
HOE om van hier af verder aan te gaan weet ek nie,” sê sy. “Ek weet nie wat om anders te doen behalwe om maar op te gee nie.”
Hy het dan vertel hoe hy uitsien om haar te ontmoet. Hy het nie, en sy het doelbewus daarvoor uitgekyk, probeer voorgee wat hy nie is nie. Hierdie keer was sy versigtig. Sy het geleer uit die vorige ervaringe en belewenisse op Tinder. Op 'n harde manier, maar sy het geleer.
OP hoërskool het almal vir Gompie geterg en getreiter. Die aanvanklike sneller hiervoor was seker sy bril se dik, swaar lense wat sy oë abnormaal groot en verbaas laat vertoon het, of sy struikelende manier van loop, of sy giggelgeluide. Gompie het week in en week uit onder meedoënlose poetse, draakstekery en afknouery deurgeloop.
VERSKRIK sit die vyftienjarige seun, sy arms om sy bolyf geklem. Hy kyk onrustig rond, asof iemand skielik agter hom gaan verskyn. Daar staan 'n polisieman in uniform en waghou by die uitgang van die spreekkamer. Teoreties sodat hy nie ontsnap nie, eintlik prakties om hom terug te neem na die plek van bewaring waar hy as minderjarige nou in die Staat se besit is. Hy het in elk geval geen ander plek om heen te gaan nie.
SLEEP jy jou voort om jou daaglikse take te voltooi? Sukkel jy om aan die gang te kom? Voel jy konstant moeg en sonder energie, en is jou produktiwiteit voortdurend laer as wat dit kan wees? Voel dit vir jou of jy enige tyd van die dag kan slaap, en/of wissel jou slaappatroon gedurig? Voel jy doelloos, en het jou opgewondenheid en lus vir jou werk of daaglikse aktiwiteite verdamp?
DIT kan nie betwis word dat hy swaar grootgeword het nie, en om die waarheid te sê het hy eintlik maar net oorleef in ’n wêreld waar die statistieke van die begin af teen hom was. Soos sy ouers ook net-net oorleef het, maar op ’n ander manier. Sy pa wat so gedrink het, is gereeld afgedank. Dan moes hulle trek na waar daar werk was. Hy was in vyf laerskole en drie hoërskole.
Die COVID-19 pandemie se invloed op sielkundige trauma
Die COVID-19 pandemie se invloed op sielkundige trauma
September 30, 2021 deur Dr Louis Awerbuck
Daar het ’n kollektiewe apokaliptiese bries oor die mensdom kom hang sedert Maart 2020. Die virale pandemie het ’n voor die hand liggende en kwantifiseerbare traumatiese impak op die samelewing in sy geheel veroorsaak. Mense word siek. Geliefdes word aan die dood afgestaan. Miljoene ekstroverte se lewensenergie word maand vir maand gedreineer.
“MAAR hoe gaan ons hom gemotiveer kry?", smeek-vra Boetie se ma, sigbaar ontsteld en benoud. Pa sit onhandig stil en stres, sonder om veel by te voeg. Boetie het pas die administratiewe proses by die privaat psigiatriese kliniek voltooi. Hy was nie lus nie, maar hy moes. Op 19 word hy volgens wet as 'n volwassene hanteer en moet hy self toestemming gee vir die behandeling, al betaal sy ouers se mediese fonds daarvoor.
DAAR is dade waartoe sommige individue in staat is waarmee die gewone mens hom- of haarself eenvoudig nie kan vereenselwig nie. Of om lewende wesens te martel en op te kerf. Die gemiddelde, normale persoon kan dit oor die algemeen (met goeie reg) nie kleinkry hoe dit vir sommige mense moontlik is om ander mense grusaam en gewelddadig om die lewe te bring nie.
Die toestand van geestesgesondheid in Suid-Afrika lyk tans, om dit sagkens te stel, uiters benard. Omtrent ’n derde van alle Suid-Afrikaners ly aan een of ander sielkundige toestand, en dit word aanvaar dat meer as 15 miljoen mense in Suid-Afrika tans in die greep van een van die "top-vyf" psigiatriese diagnoses vasgevang is.
DIE handgeskrewe brief kry ek amper heel agter in haar lêer. 'n Effens vergeelde lêer wat saam met 'n paar ander wat nie vernietig sal word nie, gestoor word. Dit was meer as twee dekades gelede dat sy dié brief woordeloos in my hand geprop het. Met 'n balpuntpen voorop geskryf. Hierdie is die storie van my ellendige lewe. Die woorde staan alleen en netjies as aanhef op die eerste bladsy, soos die titel van 'n roman.
Dit is alom bekend dat mense universeel sukkel om die aanhoudende, en soms klipharde, gehamer van die lewe suksesvol die hoof te bied. Ons natuurlike gebrek aan ’n suksesvolle strategie om terugslae suksesvol te hanteer word wêreldwyd weerspieël in die hemelhoë voorkoms van angs- en depressieverwante toestande.
DIT is al vir die vyfde jaar dat ons amper weekliks worstel met die verlede, en dit gaan met hom nie veel beter nie. Hoogstens slaag ons daarin dat dit nie veel slegter gaan nie. Nie dat sy toestand in werklikheid veel erger kan voorkom nie – hy funksioneer net-net en behoort al lankal opgeneem gewees het in 'n kliniek. Ons het dit een keer probeer...
“HY antwoord my eenvoudig nie.” Sy kyk my beskuldigend aan asof ek hy is. “Al vra ek hom iets direk, al staan ek reg voor hom in sy gesig – hy antwoord my net eenvoudig nie.” Sy sit triomfantelik terug. “Maar verstaan my goed, hy is 'n goeie man. Hy sorg goed vir ons.” “Ons" verwys na haarself, asook die tweetjies wat so pas in die laerskool naby hulle woning in Welgemoed begin het. Haar wederhelf se goeie sorg vertoon ooglopend in die Louis Vuitton-handsak.
Ag, as ek maar vlerke soos 'n duif gehad het, sou ek wegvlieg en 'n woonplek soek; ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly. –Psalm 55:7
“As Dawid dit kon handle kan ek ook”, sê 'n man vir my eergister. Dit was na aanleiding van die emosionele drukgang waarin hy nou moet probeer asem kry nadat hy by sy vrou gebieg het oor die affair wat hy al 'n jaar lank mee besig was.
Onthou is nie altyd goed nie. Baie dinge wil mens, móét mens eerder nie onthou nie.
SY sit, soos sy leef, behoedsaam. Op dieselfde plek op die bank in die spreekkamer. Op dieselfde manier, en met dieselfde bedeesdheid wat saam met haar dienlike klere aan haar kleef. Sy is nooit laat nie, minstens 15 minute voor die tyd arriveer sy gewoonlik in die waggebied. Want mens weet nooit hoe die verkeer gaan wees nie.
About 10% of the adult population experience unrealistic or “illogical” fears, which are called phobias. Phobias are normally not sensible, and people suffering from specific phobias realise the illogical nature of their fears. For example, people who are intensely scared of spiders normally realise that almost all spiders are harmless, and that spiders are probable more scared of humans than the other way around.
Obsessive-Compulsive behaviour increases as a result of COVID-19
Obsessive-Compulsive behaviour increases as a result of COVID-19
February 26, 2021 by Dr Louis Awerbuck
During a pandemic people struggling with OCD symptoms can worsen considerably. Individuals who obsessed with cleanliness and hygiene before the onset of COVID-19 will especially be affected. They are likely to obsess more about the risk of contamination and would be inclined to increase their frequency of compulsive cleaning or scrubbing.
Tydens Maart 2020 het die meeste mense gedink dat die effek van COVID-19 teen Augustus 2020 verby sou wees. Toe dit blyk om nie die geval te wees nie, was die hoop en vertroue darem daar dat 2021 verligting sou bring. Dit is egter nou duidelik dat die pandemie die manier hoe ons na die wêreld om ons kyk, onherroeplik verander het. Die mensdom sal nooit weer op dieselfde manier dink aan rituele soos om mekaar ‘n handdruk te gee nie.
The sudden occurrence of a pandemic like COVID-19 is a harsh reminder that we actually are not in control of our environment and that unexpected things can happen at any moment. The fact that we are not really in control is a fact that does not sit easy with humans, as it provokes excessive anxiety about what might happen.
Die sogenaamde middeljare is die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hulle sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorlê nie. By mans is hierdie lewensfase min of meer van toepassing tussen 40 en 55, en by vroue 35 tot 50. Menige beskrywings en definisies word aan hierdie tydperk in mense se lewe gegee.
Overeating escalates during pandemics like Covid-19
Overeating escalates during pandemics like Covid-19
August 25, 2020 by Dr Louis Awerbuck
During May 2020, the data analysis company Ipsos conducted a large online poll (16 000 individuals) among South Africans. Individuals were asked which psychological difficulties they experienced as a result of Covid-19. The results indicated that 29% of individuals reported that they indulge in overeating.
While it is understandable that people experience uncertainty, panic and stress in these times, stigmatising an individual or group of people is basically discrimination based on irrational fears and the need to blame. Stigmatisation, especially with the context of COVID-19, is almost always based on a lack of information and lack of understanding.
Wêreldwyd word gepraat van ‘n “depressie-epidemie”, en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in ‘n modern wêreld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die toestand is nie. Om maar enkele voorbeelde te noem: In Suid-Afrika is depressie die tweede grootste oorsaak van sterftes by mense tussen die ouderdomme van 15 en 25, en een uit elke vier tieners wat aan depressie ly het al selfdoodpogings aangewend.
Human beings are more irrational than rational. Put in different terms, the reason/s why people act the way they do are more than often not logical and cannot be explained rationally. If this was not the case, the world we live in would have been governed by factual, rational arguments and differences would have been sorted out peacefully and for the greater good of all parties involved.
Daar bestaan baie wanopvattings oor skisofrenie, asook wat die term “skisofrenie” eintlik beteken. Baie van hierdie wanopvattings bestaan omdat skisofrenie ‘n ingewikkelde siekte is om te verstaan, asook om te diagnoseer. Skisofrenie is ‘n ernstige kondisie van die brein waar mense die realiteit as anders as die gemiddelde persoon ervaar.
Sonder dat ons 'n keuse het, maar vir die regte redes, is almal in Suid-Afrika verplig om vanaf 27 Maart 2020 tuis te bly en hulself sosiaal vir drie weke af te sonder. Hoewel die voordele van sosiale afsondering voorkeur geniet omdat dit so baie mense se lewe kan spaar, kan sekere van die ander gevolge van hierdie proses vir individue moeilik wees om te hanteer.
Wat beteken dit in ons huidige samelewing om ‘n man te wees? Wat ís die rol van ‘n man? Dit is deesdae baie moeilik om ‘n man se rol te definieer. Feitlik al die definitiewe beskouings wat daar vantevore hieroor was, word nou bevraagteken of verwerp. Dit veroorsaak dat baie mans onseker voel, depressief raak en al meer geïsoleerd raak.
Eensaamheid het nie altyd te doen met die hoeveelheid mense om jou nie - jou emosionele en intellektuele verbintenis met ander en hoe gekonnekteer jy aan die mense in jou omgewing voel, kan ook bepaal of jy eensaam gaan wees of nie. Alleenheid (waar ander mense fisiek afwesig is) kan dus eensaamheid veroorsaak, maar om alleen te wees, maak 'n mens nie noodwendig eensaam nie.
As die “swart hond” aan jou deur klop, kry spoedig hulp
As die “swart hond” aan jou deur klop, kry spoedig hulp
Oktober 28, 2019 deur Dr Louis Awerbuck
Ondanks volop beskikbare inligting oor en toenemende begrip vir depressie, is dit duidelik dat mense nog nie die volle impak van hierdie siekte besef nie. Wereldwyd word gepraat van 'n "depressie-epidemie", en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in 'n moderne wereld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die siekte is nie.
Resensie: Ek en jy verskil hemelsbreed deur Louise van Coller
Resensie: Ek en jy verskil hemelsbreed deur Louise van Coller
Desember 10, 2014 deur Dr Louis Awerbuck
Louise van Coller definieer haar self as ’n “Christelike huweliksberader” vir die doeleindes van haar boek Ek en jy verskil huweliksbreed. Op die omslag, asook in die voorwoord en inhoudsopgawe, maak sy dit duidelik dat haar boek poog om as ’n praktiese handleiding te dien vir huweliksverryking. .
Bied die hof geregtigheid vir die mishandelde persoon?
Bied die hof geregtigheid vir die mishandelde persoon?
Desember 17, 2014 deur Dr Louis Awerbuck
Rinda Botha verwys tereg in haar artikel na die “onaangename werklikheid” van huishoudelike geweld. Die statistiek wat sy aanhaal ter ondersteuning is, alhoewel amptelik korrek, waarskynlik net die ore van die seekoei. Bloot uit persoonlike ervaring in privaat praktyk is dit duidelik dat vele gevalle bloot net nie bekend gemaak word nie. Regoor die wêreld is dit oorwegend mans...
om saam te kuier met twee vriende wat aktuele en ongewone kwessies bespreek oor ’n glas wyn – Louis is ’n kliniese sielkundige, skrywer, asook ’n gereelde en bekende stem op radio . Heinz is ’n mediese spesialis, skrywer van boeke en rubrieke, asook ‘n kunstenaar.
Is your relationship with your partner difficult? It seems like we simply do not know how to make relationships work. Here is a workable solution. In Ek & Jy, the authors look soberly at love relationships and friendships in contemporary times: how they arise, our expectations, how to distinguish between short-term and long-term relationships, conditions for successful relationships, conflict management and the role of temperament. A practical guide for new and existing relationships as well as family or colleagues.
Louis Awerbuck with Hanlie Retief & Lise Swart(2015)
In Hanlie Retief’s regular interviews in Rapport, she persuades ordinary and famous people to open their hearts and share their secrets with readers. Anderkant uit is a collection of interviews with those people who experienced trauma and adversity – from addiction, crime and illness to loss – and managed to rise again.
The interviews are followed by a brief discussion on the impact of trauma on these people’s lives by psychologist Louis Awerbuck and Lise Swart, presenters of the radio program Wie is ek? on RSG. We can not choose what happens to us, but – as these gripping interviews wonderfully illustrate – we can choose how we react to the unexpected that comes our way.
For centuries, man has struggled with the question, “Who am I?” In this book by Louis Awerbuck and Lise Swart, you as a reader are taken on a journey of exploration of yourself, your personality and your humanity.
The purpose of this book, based on Louis and Lise’s RSG radio program – Wie is ek?, is to empower people with knowledge so that they can better understand themselves and others.
The three sections of the book – “Who am I?”, “What am I struggling with?” And “What now?” Are arranged so that the reader can do step-by-step self-examination. There are questionnaires that test your preferences and personality, among other things, but can also help you determine if you suffer from depression, for example.
"Angs word nie veroorsaak deur aan die toekoms te dink nie. Jy ervaar angs omdat jy die toekoms probeer beheer. Angs kan dus afgeleer word."
Louis Awerbuck
"As jy verwag dat jou lewensmaat jou gelukkig moet maak, en gelukkig moet hou, is dit so goed jy het klaar jou tasse opgepak. Geen persoon kan dit van 'n ander persoon verwag nie."
Louis Awerbuck
"As jy sukkel met geestesgesondheid is dit iets wat jy ervaar, nie iets wat jy is nie. Al staan jy in die wind, en ERVAAR die wind, beteken dit nie dat jy die wind is nie"
Louis Awerbuck
"As mens geen rede meer het om in 'n verhouding te bly nie, is dit dan jou rede om die verhouding te verlaat"
Louis Awerbuck
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.YesNoCookies Policy