Grenslyn-persoonlikheidsversteuring

Louis Awerbuck op RSG

18 Maart 2022

Is jy in ‘n verhouding (enige verhouding) waar die ander persoon meer as gereeld irrasioneel optree, baie jaloers of besitlik is, en gereeld vloermoere gooi? Voel jy die gedrag is meer intensief as hoe ‘n “gewone” mens sou optree? Ons kyk na grenslyn-persoonlikheidsversteuring – ‘n diagnose wat baie kwessies in ‘n verhouding kan verklaar.

#borderline personality disorder

Reeksverkuller

Louis Awerbuck op RSG

5 November 2021

Daar is mense wat ontrou is in verhoudings. Een keer, twee keer, selfs meer. Maak dit van hulle ‘n reeksverkuller?

#serial cheaters

Uitbranding

Louis Awerbuck op RSG

22 Oktober 2021

Uitbranding is wêreldwyd ‘n groot probleem. Soveel so dat die Wêreld Gesondheidsorganisasie daaraan werk om uitbranding ‘n formele diagnose te maak, nie net ‘n simptoom nie. Wat is uitbranding? Hoe verskil dit van depressie? Wat is die gevolge?

#burnout

Wat is jou gender?

Louis Awerbuck op RSG

8 Oktober 2021

Wat is jou gender? Waarmee identifiseer jy? Wat moet ek doen as my kind transgender is? Gender is deel van ons almal se identiteit, so dit help om mekaar te verstaan deur te begin met die basiese vrae en antwoorde.

Verskil tussen ‘n kompulsiewe leuenaar en ‘n patologiese leuenaar

Louis Awerbuck op RSG

17 September 2021

Wat is die verskil tussen ‘n kompulsiewe leuenaar en ‘n patologiese leuenaar? Is dit waar dat seker mense nie kan help om te lieg nie? Hoe weet mens wanneer iemand lieg en wanneer iemand die waarheid vertel?

#compulsive liar #pathological liar

Ons fassinasie met die donker kant van die lewe

Louis Awerbuck op RSG

27 Augustus 2021

Hoekom is ons so gefassineer met die donker kant van die lewe? Sê dit iets ons van psige? Maak dit van ons slegte mense?

#our fascination with the dark side of life