Depressie

Louis Awerbuck op RSG

2 Desember 2022

Depressie is die siekte van ons tyd. Ons kyk na die term, swart hond, die tekens van depressie, die behandeling, die wanpersepsies, en hoe dit die individu affekteer.

#depression

Hoekom kies ek die verkeerde persoon?

Louis Awerbuck op RSG

26 Augustus 2022

Voel jy jy kies aanhoudend die “verkeerde” verhoudingsmaat? Is jy nie seker wat jy anders moet doen nie? Wil jy weet wat die geheim is agter goeie, suksesvolle verhoudings? ‘n Ervare verhoudingsterapeut verklap al die geheime.

#relationships

Liefdesverhouding

Louis Awerbuck op RSG

12 Augustus 2022

Een van die belangrikste verhoudings in die lewe is ‘n liefdesverhouding. Almal wil altyd weet wat die sukses agter ‘n langlewende verhouding of huwelik is. Is daar ‘n geheim? Ja, daar is, maar daar is ook baie misverstande en aannames wat mense se menings affekteer, tot die punt waar hulle hulle eie geluk saboteur sonder om dit agter te kom. Lise Swart praat met die ervare verhoudingsterapeut Louis Awerbuck oor die struikelblokke wat verhoudingsmaats moet oorkom, en wat volgens hom die enigste uitweg is om ware geluk in ‘n verhouding te vind.

#relationship #marriage

Vreemdelingehaat (Xenophobia)

Louis Awerbuck op RSG

17 Junie 2022

Om lugtig te wees vir ‘n vreemdeling was vir miljoene jare deel van ons oorlewingstaktiek, maar waar pas hierdie gedrag in ons moderne lewe in? Affekteer dit ons oorlewing op ander vlakke? Hoe beïnvloed dit ons gemoed? Kom vind meer uit oor hoe en hoekom ons almal kan baat daarby om anders te dink oor groepsdinamika en vreemdelingehaat – die ons-teen-hulle-gedrag.

Familievervreemding

Louis Awerbuck op RSG

20 Mei 2022

Familievervreemding is aan die toeneem. Meer en meer volwasse kinders maak die keuse om alle kommunikasie met hulle familie, of spesifiek met hulle ouer(s) te staak. Mag jy familie afskryf? Nie almal hou van hulle familie of ouers nie, maar om hulle af te skryf is ekstreem. In baie gevalle is dit vir ‘n persoon se geestesgesondheid die beste opsie om liewers kommunikasie permanent te staak, maar hoe is mens seker van die besluit, en wat is die moontlike emosionele implikasies?

#family

Narsisme

Louis Awerbuck op RSG

22 April 2022

Die algemene kenmerke van ‘n narsistiese persoonlikheidsversteuring is ‘n oormatige beheptheid met selfbeeld en mag, en om die regte beeld voor te hou. Die persoon het oënskynlik baie selfvertroue, maar die verskil tussen dié versteuring en “normaliteit” tree in wanneer die persoon se lewenskwaliteit en verhoudings daaronder lei. Wat is die verskil tussen ‘n openlike narsis en ‘n bedekte narsis. Waarvoor moet mens op die uitkyk wees?

#narcissism