Verskil tussen ‘n traumatiese ervaring en sielkundige trauma

Louis Awerbuck op RSG

28 Julie 2023

Wat is die verskil tussen ‘n traumatiese ervaring en sielkundige trauma? Wat is die redes hoekom sekere gebeure mense anders affekteer? Wat is die mees effektiewe behandeling om trauma te verwerk?

#trauma

Doodswyging (ghosting)

Louis Awerbuck op RSG

21 Julie 2023

Was jy al aan die ontvangkant van iemand wat jou dood geswyg het? Die persoon het sonder enige verduideliking alle kommunikasie gestop, en al jou kommunikasie geblok. Hoekom doen mense dit? Watter effek het dit op die ontvanger van hierdie gedrag? Kom kom leer meer oor doodswyging (ghosting).

Betekenis in jou lewe

Louis Awerbuck op RSG

21 April 2023

Wat beteken dit om betekenis in jou lewe te hê? Waar kry mens betekenis? As jy nie betekenis vind nie, wat beteken dit vir jou geestesgesondheid?

#meaning

Baie gevare vir tieners wat cannabis

Louis Awerbuck op RSG

17 Februarie 2023

Volgens navorsing is daar baie gevare vir tieners wat cannabis gebruik. Nie net is dit ‘n dwelm wat verslawing kan veroorsaak nie, maar daar is ook bewyse van ernstige neurologiese probleme wat hulle moontlik kan ervaar. ‘n Kliniese sielkundige en ‘n narkotiseur praat oor die uitwerking wat cannabis mootlik op tieners kan hê.

#cannabis #adolescent

Selfdiagnose en gevare daarvan

Louis Awerbuck op RSG

3 Februarie 2023

Ons wil amper dadelik weet wat verkeerd is wanneer dinge nie goed voel nie. Maar wat as jy begin glo wat jy lees? Wat as jy onwrikbaar saamstem met jou selfdiagnose? Tot die punt waar dit meer skade aanrig. Vind uit hoe om te self diagnoseer tot op ‘n punt van verstaan.

#self diagnosis

Seksuele mishandeling in kinderjare

Louis Awerbuck op RSG

9 Desember 2022

Seksuele mishandeling in ‘n persoon se kinderjare kan ‘n geweldige uitwerkingop hulle hê in hulle volwasse jare. Hoe verwerk mens trauma wat jare gelede plaasgevind het, en is daar hoop?

#sexual abuse #children