September is Alzheimer Bewustheidsmaand Deel 2

Louis Awerbuck op RSG

19 September 2014

September is Alzheimer Bewustheidsmaand. Louis & Lise kyk na die emosionele implikasies van die siekte vir geliefdes en families.

September is Alzheimer Bewustheidsmaand Deel 1

Louis Awerbuck op RSG

12 September 2014

September is Alzheimer-bewustheidsmaand. Louis & Lise gesels oor die tekens waarvoor jy moet uitkyk en hoekom die korrekte diagnose so belangrik is. Hulle gas is Madre Fraenkel, ‘n gespesialiseerde arbeidsterapeut wat net met Alzheimerpasiënte werk.

Louise & Lise bespreek luisteraars se briewe

Louis Awerbuck op RSG

5 September 2014

Louise & Lise bespreek luisteraars se briewe: Moet jy jou molesteerder konfronteer? Is homoseksualiteit geneties?

Angstigheid

Louis Awerbuck op RSG

29 Augustus 2014

Angstigheid is wanneer jou lyf jou probeer beskerm teen gevaar. As gevolg van vandag se stres en abnormale druk, reageer die meeste van ons se lyf asof daar konstant gevaar is, ongeag of dit waar is of nie. Hoe kan jy seker maak dat dit jou nie permanent begin affekteer nie en jy ‘n angsdiagnose ontwikkel?

#anxiety

Egskeiding

Louis Awerbuck op RSG

22 Augustus 2014

Vir alle ouers kom die belange van hulle kinders altyd eerste. Maar wat staan jou te doen as jy, na ‘n egskeiding, ‘n nuwe liefde ontmoet? Hoe balanseer jy jou eiebehoeftes met die emosionele implikasies wat jou kind gaan ervaar?

#divorce

Louis & Lise gesels oor psigopatie

Louis Awerbuck op RSG

15 Augustus 2014

Wanneer mense die term psigopaat hoor, dink die meeste van hulle aan ‘n monster of ‘n reeksmoordenaar, maar is hierdie mense werklik so? Wat staan jou te doen as jy vermoed jy woon saam met ‘n psigopaat? Louis & Lise gesels oor psigopatie, of die korrekte term, anti-sosialepersoonlikheidsversteuring.

#psychopathy