Hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik

Louis Awerbuck op RSG

28 Oktober 2016

Louis en Lise gesels aan die hand van ‘n gevallestudie, oor maniere hoe ouers (geskei of ongetroud) oor die weg kan kom; hoekom hulle oor die weg moet kom vir ‘n kind se onthalwe; en hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik. ‘n Vrou vertel om alleen, swanger en werkloos te wees, mag dalk voel soos die ergste ding wat met iemand kan gebeur, maar daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.

#personal development

Louis en Lise bespreek luisteraarsvrae oor verskeie onderwerpe

Louis Awerbuck op RSG

21 Oktober 2016

Louis en Lise bespreek luisteraarsvrae oor die verskil tussen bipolêr 1 en 2 en depressie; hoe om met jou werknemers oor die weg te kom; en is egskeiding die enigste opsie as daar nie kinders is nie en dit een party se droom was.

Wat as jou sielkundige toestand of diagnose teen jou gebruik word

Louis Awerbuck op RSG

7 Oktober 2016

Louise en Lise bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige siekte of diagnose teen jou gebruik, byvoorbeeld as werkgewers jou met afdanking dreig a.g.v. depressie of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek ná jou diagnose met skisofrenie.

#psychological diagnosis

Vriendskappe

Louis Awerbuck op RSG

30 September 2016

Hoe belangrik ag jy jou vriendskappe? Voel jy jou vriendskappe speel ‘n belangrike rol in jou lewe? Of het jy dalk geen vriende nie? Louis en Lise kyk na die belangrike rol wat vriendskappe in mense se lewe speel.

#friendships

Paniekaanval

Louis Awerbuck op RSG

23 September 2016

Was jy al ooit in ‘n situasie waar jy sonder enige waarskuwing ‘n paniekaanval ervaar het? Enigiemand wat al so ‘n aanval ervaar het, sal vir jou sê hoe vreesaanjaend en geweldig ongemaklik dit is. Maar hoekom gebeur dit? Louis en Lise kyk na die oorsake en behandeling van paniekaanvalle.

#panic attack