Reeksverkuller

Louis Awerbuck op RSG

13 Januarie 2017

Wat is ‘n reeksverkuller? En hoe ondersteun jy ‘n vriend of vriendin wanneer jy nie meer hulle aanhoudende geklaery kan hanteer nie?

#serial cheaters

Selfvertroue en selfbeeld

Louis Awerbuck op RSG

6 Januarie 2017

Elke nuwe jaar is gevul met nuwe uitdagings. Voel jy jy het die nodige selfvertroue om hierdie uitdagings aan te pak? Hoe kan jy jou selfvertroue en selfbeeld verbeter?

#self confidence #self image

Mishandeling

Louis Awerbuck op RSG

2 Desember 2016

Mishandeling van vroue en kinders, of dit nou verbaal, emosioneel, of fisiek is, is wêreldwyd ‘n groot probleem. Hoekom gebeur dit? Hoekom is daar vroue wat dit toelaat? Hoe herken ek die tekens van veral verbale en emosionele mishandeling?

#abuse

Woede-uitbarstings

Louis Awerbuck op RSG

25 November 2016

Van tyd tot tyd raak almal van ons kwaad vir ‘n situasie, of iemand anders. Dit is normaal, maar wanneer jy nie meer jou woede-uitbarstings kan beheer nie – wat beteken dit? Louis en Lisa kyk na die oorsake van woede-uitbarstings, wat die gevaar is van langdurige woede op ‘n fisiologiese en emosionele vlak, en hoe om te leer om jou woede te beheer.

#anger

Probleem oplossing by familie

Louis Awerbuck op RSG

11 November 2016

Voel jy omdat iemand in jou familie is, mag jy met hulle praat net soos wat jy wil, wanneer jy wil? Hoe laat dit jou voel wanneer ‘n familielid met jou praat net soos hulle wil? Louis en Lise kyk na hoekom ons sensitief is vir familie se woorde, en hoe om argumente te voorkom, te verstaan en op te los.

#relationships