Geweld en misdaad in die land, hoe affekteer dit jou?

Louis Awerbuck op RSG

10 Maart 2017

Ons word elke dag gekonfronteer deur geweld en misdaad in die land, maar hoe affekteer dit jou? Is jy enigsins bewus daarvan dat dit daaglikse angs of selfs depressie kan veroorsaak? En wanneer ‘n geliefde regstreeks geraak word deur misdaad of geweld, hoe kan jy die persoon ondersteun? Sekondêre post-traumatiese stres word al hoe meer ‘n realiteit, en kan nie meer geignoreer word nie.

#violence

Hoe kan jy jou woede beheer?

Louis Awerbuck op RSG

3 Maart 2017

Wanneer jy kwaad word vir iets, of iemand, wat gebeur dan? Kan jy jou gedrag beheer, of eskaleer jou woede vinnig buite beheer? Soos wanneer jy in die verkeer sit, of wanneer jou kind nie vir jou luister nie, of wanneer jou man jou kwaad maak… Louise en Lise kyk na hoe jy jou woede kan beheer, want selfs al is woede ‘n normale emosie, kan jou gedrag lewensveranderende implikasies inhou.

#anger

Volwasse boelies

Louis Awerbuck op RSG

17 Februarie 2017

Hoe gemaak met volwasse boelies?

#adult #bullying

Ouer-(volwasse)kind verhouding

Louis Awerbuck op RSG

10 Februarie 2017

Voel jy soms, as volwassene, dat jou ouers jou nie ‘n kans gee om keuses te maak oor jou eie lewe nie? Of is jy dalk ‘n ouer van ‘n volwasse kind wat gefrustreerd is met die foute wat jou kind maak? Louis en Lise kyk aan die hand van luisteraarsbriewe na twee situasies wat die kompleksiteite en frustrasies uitwys in die ouer-(volwasse)kind verhouding.

#relationship

Selfdiagnose

Louis Awerbuck op RSG

3 Februarie 2017

Hoekom is die selfdiagnose van sielkundige toestande op die internet nie altyd die regte diagnose vir JOU nie? Wanneer moet jy besef daar is regtig iets verkeerd?

#self-diagnosis

Doel of doelwitte in die lewe

Louis Awerbuck op RSG

20 Januarie 2017

Het jy betekenis in jou lewe, soos ‘n doel of doelwitte? Is jy gelukkig met die keuses wat jy gemaak het, of wil jy graag weet hoe jy jou lewenskwaliteit kan verander, of dit nou in jou beroep of jou persoonlike lewe is?

#goals