Voel jy hulpeloos, of dalk hopeloos?

Louis Awerbuck op RSG

12 Mei 2017

Voel jy hulpeloos, of dalk hopeloos? Hoe lank voel jy al so? Net vandag, die afgelope week, of dalk al jare? Louis en Lise kyk na die verskil tussen hulpeloosheid en hopeloosheid, waar depressie in die prentjie inpas, en hoe jy kan terugveg.

#helpless #hopeless

Tiener-ouer-verhouding

Louis Awerbuck op RSG

5 Mei 2017

Ons hoor gereeld hoe ouers kla oor hoe moeilik of geheimsinnig hulle tieners is, maar hoe ervaar tieners hulle ouers? Louis en Lise bespreek twee briewe van tieners, wat handel oor algemene situasies oor tiener-ouer-verhouding.

#adolessent #parent

Wanneer jongmense hulle eie lewe wil neem

Louis Awerbuck op RSG

21 April 2017

Dit is nie makllik om te verwerk wanneer jongmense probeer om hulle eie lewe te neem nie, veral nie vir die ouers nie. Sandra vertel van haar seun se verskeie pogings om sy eie lewe te neem. Sy vertel hoe dit haar lewe geraak het..

#adolescent #suicide

‘n Jare lange vriendskap wat probleme veroorsaak

Louis Awerbuck op RSG

7 April 2017

Louis en Lise bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat raad wil hê oor ‘n vriendskap van meer as 30 jaar: “Ons vriend gee dikwels aanstoot wanneer die vriende by mekaar is, en wanneer iets hom irriteer. Hy sal dan sy irritasie te kenne gee deur onvanpaste dinge te sê wat almal se dag of uitstappie bederf.”

#relationships

Hoe weet jy iets is nie pluis met jou gemoed, jou denke of jou gedrag nie?

Louis Awerbuck op RSG

31 Maart 2017

Dit is reeds bewys dat oormatige, aanhoudende stres ons siek maak, selfs ernstig. So hoekom kry ons dit nie reg om beter na onsself te kyk nie? Hoe weet jy iets is nie pluis met jou gemoed, jou denke of jou gedrag nie? Kan jy jouself toets? En hoekom moet jy jouself eerste beskerm, voor ander?

#stress

Hoekom ‘n sielkundige nog vir die meeste mense ‘n laaste opsie is?

Louis Awerbuck op RSG

17 Maart 2017

Is jy ‘n mens? Ervaar jy emosies? Dink jy soms aan jouself of die mense om jou? En wanneer jy sukkel met iets, of dit nou met jou gemoed of beroepskeuse is, of omdat jy sommer net ongelukkig is, wat dan? Louis en Lise kyk na hoekom ‘n sielkundige nog vir die meeste mense ‘n laaste opsie is – die een persoon wat opgelei is om jou te help beter voel.

#psychologist