In hierdie gesprek verken ons die kompleks en dikwels pynlike wêreld van toksiese vriendskappe. Ons gas, dr. Louis Awerbuck, ‘n terapeut wat spesialiseer in verhoudings, deel insigte in die tekens en simptome van giftige vriendskappe, insluitend manipulasie, gaslighting en emosionele mishandeling.
In alle verhoudings is daar so bietjie afhanklikheid betrokke, maar wanneer is die afhanklike gedrag goed, of selfs sleg? Wat is die langtermyn implikasies vir die verhouding as daar te veel, of dalk te min afhanklikheid tussen die partye is?
Daar is verskeie redes hoekom iemand eensaam kan voel, selfs met ander mense by hulle. Eensaamheid kan ook verskeie implikasies vir ons gesondheid en geestesgesondheid inhou. Maar nie almal is lus om deel van groepe te word nie, of is skaam om ander mense te benader, so wat dan?
– jou gedagtes en lyf is een!

Die brein en liggaam is een geïntegreerde stelsel, en die gees is nie apart van die liggaam nie. Die brein is deur die senuweestelsel aan die res van die liggaam gekoppel, en die liggaam se stelsels, organe en chemikalieë beïnvloed voortdurend die brein. Die ou cliche van kyk mooi na jou lyf help jou veg teen jou ongelukkigheid. Hoe? Hoekom?