Realiteit

Louis Awerbuck op RSG

13 Junie 2014

Ons almal aanvaar dat dit wat ons sien en hoor die realiteit is. Hoe gaan jy voel indien iemand vir jou moes sê, dit wat jy sien is nie die realiteit nie?

#reality

Louis & Lise bespreek ‘n paar luisteraars se briewe

Louis Awerbuck op RSG

6 Junie 2014

Louis & Lise bespreek ‘n paar luisteraars se briewe. Hulle praat oor ontrouheid in ‘n verhouding, alleenheid en ook bitterheid. Die stories mag dalk verskil van joune, maar die temas is universeel.

Selfbeeld

Louis Awerbuck op RSG

30 Mei 2014

Jy is gelukkig by jou werk en jy het nie familie probleme nie. Jy het eintlik niks om oor te kla nie, maar tog voel jy nog steeds nie goed oor jouself nie en jou selfvertroue is nie soos dit moet wees nie. Jy kry net geen logiese rede vir hoekom jy, tenspyte van alles, nog steeds nie goed voel nie.

#self image

Effek van lewensgevaarlike siekte op mens se gemoed

Louis Awerbuck op RSG

23 Mei 2014

Om gediagnoseer te word met ‘n lewensgevaarlike siekte, soos kanker, het ‘n reuse uitwerking op jou en die mense om jou se emosionele welstand. Louis & Lise vertel hoekom dit belangrik is om jou gemoed, soos jou siekte, te bestuur en hoe jy dit kan doen.

#life-threatening illness

Algemene angsversteuring

Louis Awerbuck op RSG

16 Mei 2014

Die Oscar Pistorius-hofsaak het die fokus geplaas op algemene angsversteuring. Dit het baie vrae by die media en die publiek lat ontstaan. Louis & Lise praat oor algemene angsversteuring en ‘n paar van die stellings wat in die hofsaak gemaak is.

#anxiety disorder

Omstandereffek

Louis Awerbuck op RSG

21 Januarie 2022

Wanneer ons sien hoe ‘n persoon aangeval of geboelie word, maar ons doen niks, is ons net so skuldig? Hoekom huiwer ons? Ons almal wil tog help? Hoor wat die navorsing vir ons sê oor die omstandereffek, en hoe ons ons kinders (en onsself) kan leer om meer van hulp te wees.