Verslawing gaan oor meer as net stowwe

Louis Awerbuck op RSG

17 April 2026

Verslawing gaan nie net oor stowwe soos alkohol of dwelms nie, maar ook oor gedrag – die dinge wat jy doen om iets binne jou te verdof, vermy of beheer.

#Addiction

Is jou lewe ’n keuse… of ’n herhaling?

Louis Awerbuck op RSG

10 April 2026

Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, en vra: Hoeveel van jou lewe is werklik ’n keuse, en hoeveel is ’n herhaling?

#ChildhoodPatterns

Watter rol speel genetika in geestesgesondheid?

Louis Awerbuck op RSG

27 Maart 2026

In hierdie RSG program verduidelik Dr Louis Awerbuck hoe genetika geestesgesondheid beïnvloed en waarom hierdie kennis ons kan help om geestesgesondheid beter te verstaan.

#MentalHealth

Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander

Louis Awerbuck op RSG

20 March 2026

Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer die lewe soos chaos voel. Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander. Sielkundiges praat van post-traumatiese groei. Mense kan ná groot verlies of trauma sterker, wyser en selfs meer betekenisvol begin leef.

#Trauma #Post-Trauma

Sosiale angs

Louis Awerbuck op RSG

13 March 2026

Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om beoordeel te word.

#SocialMedia #SelfEsteem #SocialAnxiety