Die droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar se effek op boere.

Louis Awerbuck op RSG

15 Januarie 2016

Die droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar gaan ‘n effek op ons almal uitoefen. Wat staan jou te doen as jy, soos ‘n boer, direk deur hierdie droogte geaffekteer word, of selfs indirek, maar jy is bewus van die moontlikhede in die toekoms? Ons bespreek hoe jy mooi na jouself kan kyk tydens hierdie omstandighede waaroor niemand beheer het nie.

#drought #farmers

“Wees die beste wat jy kan wees!”

Louis Awerbuck op RSG

8 Januarie 2016

“Wees die beste wat jy kan wees!” Hierdie sin hoor en lees ons gereeld in die media, maar wat presies beteken dit en hoe kan jy die beste wees wat jy kan wees? Louis en Lise ontleed hierdie sin en gee praktiese wenke oor hoe jydie beste kan wees wat jy kan wees, maak nie saak wat jou omstandighede is nie.

#personal development

Nuwejaars voorneme

Louis Awerbuck op RSG

1 Januarie 2016

Hierdie tyd van die jaar besluit die meeste mense op hul nuwejaars voorneme; vir baie het hierdie ritueel al ‘n grap geword, maar vir ander gee dit hoop vir die toekoms – dit mag dalk net die begin wees van die pad na ware geluk. Maar hoe kan jy bly by jou nuwejaars voorneme, of die doelwitte wat jy vir jouself gestel het vir 2016? Ons gesels oor stappe wat jy kan neem om te verseker dat hierdie jaar se voorneme ‘n realiteit word.

#new year’s resolution

Kan enige iemand gebreinspoel word?

Louis Awerbuck op RSG

11 Desember 2015

Kan enige iemand gebreinspoel word? Indien wel, hoe bewus is die persoon van die breinspoeling en wat is die motivering vir ‘n persoon om so ‘n sterk invloed op ‘n ander mens te hê?

#manipulation

Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe

Louis Awerbuck op RSG

4 Desember 2015

Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor waaroor jy beheer kan terugvat wanneer jy afgedank is, en wat jou te doen staan wanneer jy agterkom iemand agtervolg jou en hou jou elke beweging dop.

Hoe kan jy jou battery nóú herlaai?

Louis Awerbuck op RSG

27 November 2015

Die jaar is so te sê op sy rug, en die meeste mense sien uit na die vakansietyd wat voorlê. Hulle sukkel egter om hulle energie te behou om deur die laaste paar weke van die jaar te kom. Hoe kan jy jou battery nóú herlaai? Meer belangrik, hoe kan jy seker maak jy ontspan tydens die vakansie om met ‘n vol battery die nuwe jaar te begin?

#personal develoment