POTGOOIE – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Middeljarekrisis: Vermoed jy jou man/vrou ervaar tans ‘n middeljarekrisis?
Louis Awerbuck op RSG
Om deur ‘n middeljarekrisis, of ‘n midlife crisis te gaan, is nie net vir die individu ‘n deurmekaar en ongemaklike lewensfase nie, maar het ook ‘n direkte uitwerking op die mense om hulle. Vermoed jy jou man/vrou ervaar tans ‘n middeljarekrisis? Voel jy jy hanteer die situasie reg en gee vir jou lewensmaat die nodige ondersteuning en spasie om gemaklik deur hierdie fase te gaan? Louis en Lise gesels oor opsies hoe jy jou lewensmaat kan bystaan in hierdie fase, maar terselfdetyd seker maak jy kyk mooi na jouself.
#midlife crisis
Middeljarekrisis: Ervaar jy tans ‘n middeljarekrisis?
Louis Awerbuck op RSG
Is jy in jou vroeë veertigs na laat vyftigs? Is jy meer bewus van die lewenskeuses wat jy al gemaak het, soos jou beroep, jou huwelike self jou haarstyl? Ervaar jy druk om drastiese veranderinge in jou lewe te maak? Ons bespreek middeljarekrisis, ook bekend as ‘n midlife crisis. Wat die tekens is en hoe jy bewus moet wees van die moontlike impulsiewe keuses wat jy dalk kan maak.
#midlife crisis
Die droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar se effek op boere.
Louis Awerbuck op RSG
Die droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar gaan ‘n effek op ons almal uitoefen. Wat staan jou te doen as jy, soos ‘n boer, direk deur hierdie droogte geaffekteer word, of selfs indirek, maar jy is bewus van die moontlikhede in die toekoms? Ons bespreek hoe jy mooi na jouself kan kyk tydens hierdie omstandighede waaroor niemand beheer het nie.
#drought #farmers
“Wees die beste wat jy kan wees!”
Louis Awerbuck op RSG
“Wees die beste wat jy kan wees!” Hierdie sin hoor en lees ons gereeld in die media, maar wat presies beteken dit en hoe kan jy die beste wees wat jy kan wees? Louis en Lise ontleed hierdie sin en gee praktiese wenke oor hoe jydie beste kan wees wat jy kan wees, maak nie saak wat jou omstandighede is nie.
#personal development
Nuwejaars voorneme
Louis Awerbuck op RSG
Hierdie tyd van die jaar besluit die meeste mense op hul nuwejaars voorneme; vir baie het hierdie ritueel al ‘n grap geword, maar vir ander gee dit hoop vir die toekoms – dit mag dalk net die begin wees van die pad na ware geluk. Maar hoe kan jy bly by jou nuwejaars voorneme, of die doelwitte wat jy vir jouself gestel het vir 2016? Ons gesels oor stappe wat jy kan neem om te verseker dat hierdie jaar se voorneme ‘n realiteit word.
#new year’s resolution
