POTGOOIE – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik
Louis Awerbuck op RSG
Louis en Lise gesels aan die hand van ‘n gevallestudie, oor maniere hoe ouers (geskei of ongetroud) oor die weg kan kom; hoekom hulle oor die weg moet kom vir ‘n kind se onthalwe; en hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik. ‘n Vrou vertel om alleen, swanger en werkloos te wees, mag dalk voel soos die ergste ding wat met iemand kan gebeur, maar daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.
#personal development
Louis en Lise bespreek luisteraarsvrae oor verskeie onderwerpe
Wat as jou sielkundige toestand of diagnose teen jou gebruik word
Louis Awerbuck op RSG
Louise en Lise bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige siekte of diagnose teen jou gebruik, byvoorbeeld as werkgewers jou met afdanking dreig a.g.v. depressie of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek ná jou diagnose met skisofrenie.
#psychological diagnosis
Vriendskappe
Paniekaanval
Louis Awerbuck op RSG
Was jy al ooit in ‘n situasie waar jy sonder enige waarskuwing ‘n paniekaanval ervaar het? Enigiemand wat al so ‘n aanval ervaar het, sal vir jou sê hoe vreesaanjaend en geweldig ongemaklik dit is. Maar hoekom gebeur dit? Louis en Lise kyk na die oorsake en behandeling van paniekaanvalle.
#panic attack
