POTGOOIE – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Hoe weet jy iets is nie pluis met jou gemoed, jou denke of jou gedrag nie?
Louis Awerbuck op RSG
Dit is reeds bewys dat oormatige, aanhoudende stres ons siek maak, selfs ernstig. So hoekom kry ons dit nie reg om beter na onsself te kyk nie? Hoe weet jy iets is nie pluis met jou gemoed, jou denke of jou gedrag nie? Kan jy jouself toets? En hoekom moet jy jouself eerste beskerm, voor ander?
#stress
Hoekom ‘n sielkundige nog vir die meeste mense ‘n laaste opsie is?
Louis Awerbuck op RSG
Is jy ‘n mens? Ervaar jy emosies? Dink jy soms aan jouself of die mense om jou? En wanneer jy sukkel met iets, of dit nou met jou gemoed of beroepskeuse is, of omdat jy sommer net ongelukkig is, wat dan? Louis en Lise kyk na hoekom ‘n sielkundige nog vir die meeste mense ‘n laaste opsie is – die een persoon wat opgelei is om jou te help beter voel.
#psychologist
Geweld en misdaad in die land, hoe affekteer dit jou?
Louis Awerbuck op RSG
Ons word elke dag gekonfronteer deur geweld en misdaad in die land, maar hoe affekteer dit jou? Is jy enigsins bewus daarvan dat dit daaglikse angs of selfs depressie kan veroorsaak? En wanneer ‘n geliefde regstreeks geraak word deur misdaad of geweld, hoe kan jy die persoon ondersteun? Sekondêre post-traumatiese stres word al hoe meer ‘n realiteit, en kan nie meer geignoreer word nie.
#violence
Hoe kan jy jou woede beheer?
Louis Awerbuck op RSG
Wanneer jy kwaad word vir iets, of iemand, wat gebeur dan? Kan jy jou gedrag beheer, of eskaleer jou woede vinnig buite beheer? Soos wanneer jy in die verkeer sit, of wanneer jou kind nie vir jou luister nie, of wanneer jou man jou kwaad maak… Louise en Lise kyk na hoe jy jou woede kan beheer, want selfs al is woede ‘n normale emosie, kan jou gedrag lewensveranderende implikasies inhou.
#anger
Volwasse boelies
