POTGOOIE – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Wat as jou sielkundige toestand of diagnose teen jou gebruik word
Louis Awerbuck op RSG
Ons kyk aan die hand van twee luisteraarsbriewe na wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige toestand of diagnose teen jou gebruik. Wat kan jy byvoorbeeld doen as werkgewers jou met afdanking dreig as gevolg van jou gediagnoseerde depressie, of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek nadat jy gediagnoseer is met skisofrenie.
#psychological diagnosis
Moet jy jou seksuele molesteerder na jare aankla?
Louis Awerbuck op RSG
Die wet het verander, en nou mag jy jou seksuele molesteerder, na soveel jare as waarmee jy gemaklik voel, aankla. Ongelukkig is daar diegene wat graag hierdie stap wíl neem, maar te bang is vir die implikasies daarvan. Louis Awerbuck en Lise Swart bespreek ‘n vraag van ‘n luisteraar wat juis hieroor handel. Moet sy haar seksuele molesteerder na 32 jaar aankla?
#sexual abuse
Tieners wat hul eie lewens wil neem
Trauma aan die hand van mishandeling in die huwelik
Louis Awerbuck op RSG
Hoekom verduur slagoffers van mishandeling die emosionele en fisieke pyn? Wat keer hierdie slagoffers om nie hulle lewensmaats aan te kla nie? Luister na Susan (skuilnaam) se verhaal van jare se emosionele, fisieke en seksuele mishandeling deur haar groot liefde – haar man. Waarskuwing: die inhoud van Susan se storie mag sensitiewe luisteraars ontstel.
#abuse #relationship
Depressie
