POTGOOIE – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Vreemdelingehaat (Xenophobia)
Louis Awerbuck op RSG
Om lugtig te wees vir ‘n vreemdeling was vir miljoene jare deel van ons oorlewingstaktiek, maar waar pas hierdie gedrag in ons moderne lewe in? Affekteer dit ons oorlewing op ander vlakke? Hoe beïnvloed dit ons gemoed? Kom vind meer uit oor hoe en hoekom ons almal kan baat daarby om anders te dink oor groepsdinamika en vreemdelingehaat – die ons-teen-hulle-gedrag.
Familievervreemding
Louis Awerbuck op RSG
Familievervreemding is aan die toeneem. Meer en meer volwasse kinders maak die keuse om alle kommunikasie met hulle familie, of spesifiek met hulle ouer(s) te staak. Mag jy familie afskryf? Nie almal hou van hulle familie of ouers nie, maar om hulle af te skryf is ekstreem. In baie gevalle is dit vir ‘n persoon se geestesgesondheid die beste opsie om liewers kommunikasie permanent te staak, maar hoe is mens seker van die besluit, en wat is die moontlike emosionele implikasies?
#family
Narsisme
Louis Awerbuck op RSG
Die algemene kenmerke van ‘n narsistiese persoonlikheidsversteuring is ‘n oormatige beheptheid met selfbeeld en mag, en om die regte beeld voor te hou. Die persoon het oënskynlik baie selfvertroue, maar die verskil tussen dié versteuring en “normaliteit” tree in wanneer die persoon se lewenskwaliteit en verhoudings daaronder lei. Wat is die verskil tussen ‘n openlike narsis en ‘n bedekte narsis. Waarvoor moet mens op die uitkyk wees?
#narcissism
Grenslyn-persoonlikheidsversteuring
Louis Awerbuck op RSG
Is jy in ‘n verhouding (enige verhouding) waar die ander persoon meer as gereeld irrasioneel optree, baie jaloers of besitlik is, en gereeld vloermoere gooi? Voel jy die gedrag is meer intensief as hoe ‘n “gewone” mens sou optree? Ons kyk na grenslyn-persoonlikheidsversteuring – ‘n diagnose wat baie kwessies in ‘n verhouding kan verklaar.
#borderline personality disorder
Reeksverkuller
