Doodswyging (ghosting)

Louis Awerbuck op RSG

21 Julie 2023

Was jy al aan die ontvangkant van iemand wat jou dood geswyg het? Die persoon het sonder enige verduideliking alle kommunikasie gestop, en al jou kommunikasie geblok. Hoekom doen mense dit? Watter effek het dit op die ontvanger van hierdie gedrag? Kom kom leer meer oor doodswyging (ghosting).

Is dit regverdig om jou ouers te blameer vir die issues?

Louis Awerbuck op RSG

2 Junie 2023

Bepaal jou ouers se opvoeding wie jy vandag is? Is dit regverdig om jou ouers te blameer vir die issues wat jy vandag ervaar? Die antwoord sal jou dalk skok. Kom vind uit hoe wie jy vandag is, bepaal is deur jou ouers/opvoeders se gedrag.

#parents

Betekenis in jou lewe

Louis Awerbuck op RSG

21 April 2023

Wat beteken dit om betekenis in jou lewe te hê? Waar kry mens betekenis? As jy nie betekenis vind nie, wat beteken dit vir jou geestesgesondheid?

#meaning

Baie gevare vir tieners wat cannabis

Louis Awerbuck op RSG

17 Februarie 2023

Volgens navorsing is daar baie gevare vir tieners wat cannabis gebruik. Nie net is dit ‘n dwelm wat verslawing kan veroorsaak nie, maar daar is ook bewyse van ernstige neurologiese probleme wat hulle moontlik kan ervaar. ‘n Kliniese sielkundige en ‘n narkotiseur praat oor die uitwerking wat cannabis mootlik op tieners kan hê.

#cannabis #adolescent

Selfdiagnose en gevare daarvan

Louis Awerbuck op RSG

3 Februarie 2023

Ons wil amper dadelik weet wat verkeerd is wanneer dinge nie goed voel nie. Maar wat as jy begin glo wat jy lees? Wat as jy onwrikbaar saamstem met jou selfdiagnose? Tot die punt waar dit meer skade aanrig. Vind uit hoe om te self diagnoseer tot op ‘n punt van verstaan.

#self diagnosis