Aggressie in verhoudings

Louis Awerbuck op RSG

2 Mei 2025

Ons kyk na die implikasies van passiewe aggressie in verhoudings. Wat is die subtiele, dog skadelike, maniere waarop mense negatiewe emosies indirek uitdruk?

#aggression-in-relationships  

Skeidingsangsversteuring

Louis Awerbuck op RSG

17 January 2025

Skeidingsangsversteuring is ‘n diepgewortelde vrees om geskei te word van belangrike bindingsfigure/geliefdes, bv. kinders, ‘n eggenoot of verhoudingsmaat, ouers, ‘n broer/suster of ‘n vriend(in). Die vrees perk ‘n persoon se funksionering en lewenskwaliteit merkbaar in. Is jou vrese oor jou geliefdes se veiligheid binne perke?

#Separation anxiety disorder

Alkoholisme

Louis Awerbuck op RSG

3 January 2025

Alkoholisme is ‘n groot problem in Suid-Afrika, maar hoe moet die geliefdes die misbruik hanteer, en self moeilike keuses maak.

#alcoholism

Sosiale angsversteuring

Louis Awerbuck op RSG

16 Augustus 2024

‘n Persoon met ‘n sosiale angsversteuring ervaar simptome van angs of vrees in situasies waar hulle deur ander ondersoek, geëvalueer of beoordeel kan word, soos om in die openbaar te praat, nuwe mense te ontmoet, uit te gaan, op ‘n werksonderhoud te wees, ‘n vraag in die klas te beantwoord of selfs met ‘n kassier in ‘n winkel te praat. Vind meer uit oor sosiale angs, en watter behandeling suksesvol is.

#social anxiety disorder

Die mag van visualisering

Louis Awerbuck op RSG

9 Augustus 2024

Professionele atlete visualiseer elke beweging vooraf om sukses te bereik. Hoe kan ek hierdie proses toepas om sukses in my eie lewe te bereik? Ons kyk na die mag van visualisering.

#power of visualization