Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander

Louis Awerbuck op RSG

20 March 2026

Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer die lewe soos chaos voel. Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander. Sielkundiges praat van post-traumatiese groei. Mense kan ná groot verlies of trauma sterker, wyser en selfs meer betekenisvol begin leef.

#Trauma #Post-Trauma

Sosiale angs

Louis Awerbuck op RSG

13 March 2026

Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om beoordeel te word.

#SocialMedia #SelfEsteem #SocialAnxiety

Wat is n persoonlikheidsversteurings.

Louis Awerbuck op RSG

27 Februarie 2026

Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.

#Personality Disorders.