2 is (soms) beter as 1

‘n Dag saam met jou lewensmaat, kollega, vriend of familielid wat daarop gefokus is om die verhouding tussen twee mense te verstewig. Die dag is daarop gerig om die belangrike persoon in jou lewe beter te verstaan en om meer effektiewe kommunikasie in plek te stel, op ‘n genotvolle manier. Kom neem deel aan ‘n dag vol pret en insig in die Boland saam met Dr. Louis Awerbuck

*ongelukkig kan niemand as individu kom nie. Hierdie is โ€˜n werkswinkel ontwerp vir twee mense. Jy mag jou beste vriend of vriendin saambring, solank twee mense opdaag.

๐†๐ž๐๐ฎ๐ซ๐ž๐ง๐๐ž ๐๐ข๐ž ๐๐š๐  ๐ฐ๐จ๐ซ๐ ๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐ฎ๐๐ข๐ง๐  ๐ฆ๐š๐š๐ญ๐ฌ ๐๐ž๐ฎ๐ซ โ€˜๐ง ๐ ๐ž๐ฌ๐ญ๐ซ๐ฎ๐ค๐ญ๐ฎ๐ซ๐ž๐ž๐ซ๐๐ž ๐ฉ๐ซ๐จ๐ฌ๐ž๐ฌ ๐ ๐ž๐ง๐ž๐ž๐ฆ ๐ฆ๐ž๐ญ ๐ž๐ž๐ง ๐๐จ๐ž๐ฅ: ๐จ๐ฆ ๐ญ๐ž ๐ฅ๐ž๐ž๐ซ ๐จ๐ฆ ๐ก๐ฎ๐ฅ๐ฅ๐ž ๐ฏ๐ž๐ซ๐ฌ๐ค๐ข๐ฅ๐ฅ๐ž ๐ฏ๐ข๐ง๐ง๐ข๐ ๐ž๐ซ, ๐ฆ๐ž๐ž๐ซ ๐ž๐Ÿ๐Ÿ๐ž๐ค๐ญ๐ข๐ž๐Ÿ, ๐ž๐ง ๐ฏ๐ž๐ซ๐š๐ฅ ๐ฏ๐ซ๐ž๐ž๐๐ฌ๐š๐š๐ฆ ๐จ๐ฉ ๐ญ๐ž ๐ฅ๐จ๐ฌ.
Die dag behels ๐Ÿ‘ ๐ฌ๐ญ๐š๐ฉ๐ฉ๐ž:
1. Verstaan van die verhoudingsmaat. Wetenskaplike, beproefde sielkundige toetse word voor die tyd afgeneem, en in detail bespreek tesame met individuele inligting wat aan elkeen verskaf word.
2. Identifiseer en verstaan probleem areas tussen verhoudingsmaats, deur middel van โ€˜n gestruktureerde metode.
3. Aanleer van die beproefde tegniek om verskille op te los totdat beide
verhoudingsmaats tevrede is.
Die proses is gerig daarop dat verhoudingsmaats toegerus word om self die oplossing vir verskille en misverstande verder te neem en toe te pas. Indien hulle hou by die ooreenkomste wat gemaak word op die dag, word verhoudingsmaats die versekering gegee dat hulle misverstande beter uit die weg sal kan ruim en sodoende beter kwaliteit in die verhouding sal ervaar.

{Deelnemers vul sielkundige vraelyste in voor die tyd, en kry volledige en kursus materiaal. Gedurende die dag word daar gesamentlik makliker maniere van kommunikasie aangeleer.}

Besonderhede:
ยท 10:00 tot 17:00 in Stellenbosch, Wes-Kaap
ยท middagete en verversings ingesluit
ยท kursus materiaal en psigometriese verslae ingesluit
Vir meer besonderhede kontak: lise@wieisek.co.za

Isolasie

Om alleen in ‘n nuwe plek te gaan woon, of ‘n ander land, en die jy voel jy pas nie in, kan geweldige isolasie veroorsaak. Hoekom is dit so brood nodig om hierdie isolasie teen te staan?

Aanbieder: Lise Swart
Sielkundige: Dr. Louis Awerbuck

Munchausen-sindroom

Munchausen-sindroom (feitelike versteuring wat op die self afgedwing word) is wanneer iemand aandag en simpatie probeer kry deur ‘n siekte te vervals, te veroorsaak en/of die simptome te oordryf. Hulle lieg oor simptome, saboteer mediese toetse (soos om bloed in hul urine te sit), of benadeel hulself om die simptome te kry. Die diagnose en behandeling van Munchausen-sindroom is moeilik as gevolg van die persoon se oneerlikheid.

Visualisering – sien jou sukses

In hierdie gesprek van Wie is ek? gaan ons kyk na die mag van visualisering. Professionele atlete visualiseer elke beweging vooraf om sukses te bereik, so hoe kan jy hierdie proses toepas om sukses in jou eie lewe te bereik?

Aanbieder: Lise Swart
Sielkundige: Dr. Louis Awerbuck