Die komplekse verhouding met SKOONOUERS
Jou skoonouers is een van die verhoudings in jou lewe wat jy nie self gekies het nie. Hulle kom saam met jou verhoudingsmaat se geskiedenis en julle toekomstige pakket. Maar daar is niks oppervakkigs aan hierdie komplekse verhouding nie. Verhoudings geluk, huweliks geluk selfs jou kinders se toekomstige verhoudings kan afhang van hoe die konflik opgelos word … Wat kan jy doen? Op wie rus die onus om hierdie konflik op te los?