Bipolêre versteuring (wat vroeër as bipolêre depressie of manies-depressiewe versteuring bekend gestaan het), is ‘n toestand wat dikwels misverstaan word.
‘n Mens kan aflei dat bipolêre versteuring ‘n aanval op jou GEMOED loods en jou soms so neerslagtig kan laat dat jy nie normaal kan funksioneer nie. ‘n Mens moet daarteen waak om dit nie met major depressie te verwar nie, al sukkel selfs professionele terapeute soms aanvanklik om bipolêre versteuring te diagnoseer weens die ingewikkelde aard van die simptome.
Bipolêre versteuring is dus ‘n diagnoseerbare sielkundige toestand wat gekenmerk word deur groot skommelinge in ‘n persoon se gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie (lae gemoed) tot uiterste manie (uitermatige, ontoepaslike opgeruimdheid).
Bipolêre versteuring het vroeër bekend gestaan as manies-depressiewe versteuring weens die gemoedskommelinge en periodes van normaliteit tussendeur. Persone wat aan dié versteuring ly, is gewoonlik deeglik bewus daarvan dat hulle sukkel met hulle gemoed as gevolg van die abnormaal hoë gevoelskommelinge. Dit is ook algemeen dat hierdie persone soms probleme het om in die samelewing te funksioneer, veral gedurende ʼn maniese fase, en dikwels skuldig voel oor hul gedrag tydens dié fase.
Navorsing oor dié toestand duur steeds voort, maar ‘n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om ‘n sielkundige te gaan spreek), kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter.
Vir iemand om met bipolêre versteuring gediagnoseer te word, kan die simptome nie die gevolg wees van die misbruik van alkohol of ander middels nie en dit moet ook nie aan ‘n ander siektetoestand te wyte wees nie.
Hoe is dit moontlik dat volwassenes betrokke kan wees by boeliegedrag? Hoekom doen mense dit, hoe hanteer mens dit en watter emosionele effek kan dit hê? Het jy ‘n storie oor ‘n volwasse boelie? Hierdie gesprek beklemtoon die kompleksiteite van volwasse afknouery en die belangrikheid daarvan om hierdie gedrag aan te spreek om ‘n meer ondersteunende en respekvolle omgewing te skep.
In vandag se gesprek beklemtoon ons die komplekse sielkundige en sosiale faktore wat die vrees dryf om jouself in die verleentheid te stel, en bied insigte om hierdie vrees te oorkom.
Aanbieder: Lise Swart
Sielkundige: Dr. Louis Awerbuckhttps://www.facebook.com/wieisekSA/videos/1771810677097346
Een ouer vervreem hul kind(ers) van die ander ouer tydens, of selfs na, ‘n egskeiding.
‘n Gesprek oor ouervervreemding en die skadelike uitwerking op kinders en gesinne word ondersoek.
Aanbieder: Lise Swart
Sielkundige: Dr. Louis Awerbuck
Jou skoonouers is een van die verhoudings in jou lewe wat jy nie self gekies het nie. Hulle kom saam met jou verhoudingsmaat se geskiedenis en julle toekomstige pakket. Maar daar is niks oppervakkigs aan hierdie komplekse verhouding nie. Verhoudings geluk, huweliks geluk selfs jou kinders se toekomstige verhoudings kan afhang van hoe die konflik opgelos word … Wat kan jy doen? Op wie rus die onus om hierdie konflik op te los?