Kontak inligting
Unit14 Oewerpark
Rokewood Rd
Die Boord
Stellenbosch
Wes-Kaap
Telefoon nr : 078 049 2677
Kontak inligting
Unit14 Oewerpark
Rokewood Rd
Die Boord
Stellenbosch
Wes-Kaap
Telefoon nr : 078 049 2677
SA Centre for Mental Health
As kliniese sielkundiges ervaar ons dat die meeste van ons klïente probleme ervaar met depressie-, angs- of emosionele trauma verwante toestande. Interpersoonlike probleme met vriende, kollegas en/of familielede kom ook gereeld onder ons klïente voor. Ons bied egter ook die volgende spesialis dienste:
- Assessering en behandeling van toestande verwant aan Neurodiversiteit (Outisme Spektrum)
- Forensiese sielkundige (Medico-Legal) assessering en getuienis
- Verhouding/Egpaar Terapie
- Behandeling vir Verslawing (buite pasïente)
SA Centre for Mental Health
As kliniese sielkundiges ervaar ons dat die meeste van ons klïente probleme ervaar met depressie-, angs- of emosionele trauma verwante toestande. Interpersoonlike probleme met vriende, kollegas en/of familielede kom ook gereeld onder ons klïente voor. Ons bied egter ook die volgende spesialis dienste:
- Assessering en behandeling van toestande verwant aan Neurodiversiteit (Outisme Spektrum)
- Forensiese sielkundige (Medico-Legal) assessering en getuienis
- Verhouding/Egpaar Terapie
- Behandeling vir Verslawing (buite pasïente)
Kliniese Sielkundiges
Kliniese Sielkundiges
Louis Awerbuck
is as kliniese sielkundige in privaat praktyk sedert 1995. Hy spesialiseer in psigoterapie met volwassenes en verhoudingsmaats, sowel as met sielkundige assessering, regsmediese getuienis en sport sielkunde. Louis het ook met verskeie individuele atlete op ‘n provinsiale, nasionale en Olimpiese vlak gewerk met die oog op die verbetering van prestasie. By geleentheid tree Louis as konsultant op vir korporatiewe maatskappye in die areas van leierskapsontwikkeling, die bestuur van verandering, en interpersoonlike vaardighede.
Johannes Schickerling
is ‘n kliniese sielkundige betrokke by pisgoterapie met kinders, adolessente en volwassenes. Hy spesialiseer in die die assessering en behandeling van toestande verwant aan neurodiversiteit (outisme spektrum). Verder het Johannes uitgebreide en internasionale ervaring in die behandeling van verslawing. Sedert 2009 is Johannes se privaat praktyk gefokus op psigoterapie met kinders en gebruik hy veral spelterapie om die leefwêreld van die kind te verstaan en verandering in gedrag te bereik.
Nuutste Video’s
Meer video’s: Onderwerpe
Interessante Leesstof
“HOE om van hier af verder aan te gaan weet ek nie,” sê sy. “Ek weet nie wat om anders te doen behalwe om maar op te gee nie.”
Hy het dan vertel hoe hy uitsien om haar te ontmoet. Hy het nie, en sy het doelbewus daarvoor uitgekyk, probeer voorgee wat hy nie is nie. Hierdie keer was sy versigtig. Sy het geleer uit die vorige ervaringe en belewenisse op Tinder. Op ‘n harde manier, maar sy het geleer.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Om anderpad te kyk as gruweldade gepleeg word” sub_title=”Januarie 14, 2022 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2022-01-13-om-anderpad-te-kyk-as-gruweldade-gepleeg-word/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
OP hoërskool het almal vir Gompie geterg en getreiter. Die aanvanklike sneller hiervoor was seker sy bril se dik, swaar lense wat sy oë abnormaal groot en verbaas laat vertoon het, of sy struikelende manier van loop, of sy giggelgeluide. Gompie het week in en week uit onder meedoënlose poetse, draakstekery en afknouery deurgeloop.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Moordklag: Die feite van die saak” sub_title=”November 10, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-11-10-moordklag-die-feite-van-die-saak/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
VERSKRIK sit die vyftienjarige seun, sy arms om sy bolyf geklem. Hy kyk onrustig rond, asof iemand skielik agter hom gaan verskyn. Daar staan ‘n polisieman in uniform en waghou by die uitgang van die spreekkamer. Teoreties sodat hy nie ontsnap nie, eintlik prakties om hom terug te neem na die plek van bewaring waar hy as minderjarige nou in die Staat se besit is. Hy het in elk geval geen ander plek om heen te gaan nie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Uitbranding: die kool is die sous nie werd nie” sub_title=”Oktober 22, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2021-10-22-uitbranding-die-kool-is-die-sous-nie-werd-nie/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
SLEEP jy jou voort om jou daaglikse take te voltooi? Sukkel jy om aan die gang te kom? Voel jy konstant moeg en sonder energie, en is jou produktiwiteit voortdurend laer as wat dit kan wees? Voel dit vir jou of jy enige tyd van die dag kan slaap, en/of wissel jou slaappatroon gedurig? Voel jy doelloos, en het jou opgewondenheid en lus vir jou werk of daaglikse aktiwiteite verdamp?
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Tragedie van ‘n gesinsmoord” sub_title=”Oktober 1, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-09-30-tragedie-van-n-gesinsmoord-hoe-dit-daarop-neergekom-het/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
DIT kan nie betwis word dat hy swaar grootgeword het nie, en om die waarheid te sê het hy eintlik maar net oorleef in ’n wêreld waar die statistieke van die begin af teen hom was. Soos sy ouers ook net-net oorleef het, maar op ’n ander manier. Sy pa wat so gedrink het, is gereeld afgedank. Dan moes hulle trek na waar daar werk was. Hy was in vyf laerskole en drie hoërskole.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Die COVID-19 pandemie se invloed op sielkundige trauma” sub_title=”September 30, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.litnet.co.za/die-covid-19-pandemie-se-invloed-op-sielkundige-trauma/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/litnet1.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Daar het ’n kollektiewe apokaliptiese bries oor die mensdom kom hang sedert Maart 2020. Die virale pandemie het ’n voor die hand liggende en kwantifiseerbare traumatiese impak op die samelewing in sy geheel veroorsaak. Mense word siek. Geliefdes word aan die dood afgestaan. Miljoene ekstroverte se lewensenergie word maand vir maand gedreineer weens die gebrek aan interaksie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Boetie moet self opstaan” sub_title=”Augustus 25, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2021-08-24-boetie-moet-self-opstaan/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
“MAAR hoe gaan ons hom gemotiveer kry?”, smeek-vra Boetie se ma, sigbaar ontsteld en benoud. Pa sit onhandig stil en stres, sonder om veel by te voeg. Boetie het pas die administratiewe proses by die privaat psigiatriese kliniek voltooi. Hy was nie lus nie, maar hy moes. Op 19 word hy volgens wet as ‘n volwassene hanteer en moet hy self toestemming gee vir die behandeling, al betaal sy ouers se mediese fonds daarvoor.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Agter die kap van Devilsdorp se bloedigste byle” sub_title=”Augustus 13, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-08-12-sonder-die-donker-een-hoe-sou-ons-dan-die-lig-herken/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
DAAR is dade waartoe sommige individue in staat is waarmee die gewone mens hom- of haarself eenvoudig nie kan vereenselwig nie. Of om lewende wesens te martel en op te kerf. Die gemiddelde, normale persoon kan dit oor die algemeen (met goeie reg) nie kleinkry hoe dit vir sommige mense moontlik is om ander mense grusaam en gewelddadig om die lewe te bring nie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=” Verhale van hoop deur Pieter van Zyl: ’n resensie” sub_title=”Augustus 12, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.litnet.co.za/verhale-van-hoop-deur-pieter-van-zyl-n-resensie/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/litnet1.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Die toestand van geestesgesondheid in Suid-Afrika lyk tans, om dit sagkens te stel, uiters benard. Omtrent ’n derde van alle Suid-Afrikaners ly aan een of ander sielkundige toestand, en dit word aanvaar dat meer as 15 miljoen mense in Suid-Afrika tans in die greep van een van die “top-vyf” psigiatriese diagnoses (depressie, skisofrenie, substans-afhanklikheid, algemene angs en bipolêre versteuring) vasgevang is.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=” Die storie van haar (ellendige) lewe” sub_title=”Julie 30, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-07-29-die-storie-van-haar-ellendige-lewe/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
DIE handgeskrewe brief kry ek amper heel agter in haar lêer. ‘n Effens vergeelde lêer wat saam met ‘n paar ander wat nie vernietig sal word nie, gestoor word. Dit was meer as twee dekades gelede dat sy dié brief woordeloos in my hand geprop het. Met ‘n balpuntpen voorop geskryf. Hierdie is die storie van my ellendige lewe. Die woorde staan alleen en netjies as aanhef op die eerste bladsy, soos die titel van ‘n roman.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n resensie” sub_title=”Julie 15, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.litnet.co.za/floreer-deur-ilse-salzwedel-n-resensie/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/litnet1.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Dit is alom bekend dat mense universeel sukkel om die aanhoudende, en soms klipharde, gehamer van die lewe suksesvol die hoof te bied. Ons natuurlike gebrek aan ’n suksesvolle strategie om terugslae suksesvol te hanteer word wêreldwyd weerspieël in die hemelhoë voorkoms van angs- en depressieverwante toestande.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=” Trauma: Die reuk wat jou volg” sub_title=”Junie 25, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-06-24-trauma-die-reuk-wat-jou-volg/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
DIT is al vir die vyfde jaar dat ons amper weekliks worstel met die verlede, en dit gaan met hom nie veel beter nie. Hoogstens slaag ons daarin dat dit nie veel slegter gaan nie. Nie dat sy toestand in werklikheid veel erger kan voorkom nie – hy funksioneer net-net en behoort al lankal opgeneem gewees het in ‘n kliniek. Ons het dit een keer probeer, maar die vasgedrukte angs wat hom daar oorrompel het verhinder my om dié idee weer voor te stel.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Mevrou se ultimatum” sub_title=”Mei 28, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-05-27-mevrou-se-ultimatum/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
“HY antwoord my eenvoudig nie.” Sy kyk my beskuldigend aan asof ek hy is. “Al vra ek hom iets direk, al staan ek reg voor hom in sy gesig – hy antwoord my net eenvoudig nie.” Sy sit triomfantelik terug. “Maar verstaan my goed, hy is ‘n goeie man. Hy sorg goed vir ons.” “Ons” verwys na haarself, asook die tweetjies wat so pas in die laerskool naby hulle woning in Welgemoed begin het. Haar wederhelf se goeie sorg vertoon ooglopend in die Louis Vuitton-handsak wat langs haar op die bank pronk.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Die rugsak van die verlede” sub_title=”April 30, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-04-29-die-rugsak-van-die-verlede/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Onthou is nie altyd goed nie. Baie dinge wil mens, móét mens eerder nie onthou nie.
SY sit, soos sy leef, behoedsaam. Op dieselfde plek op die bank in die spreekkamer. Op dieselfde manier, en met dieselfde bedeesdheid wat saam met haar dienlike klere aan haar kleef. Sy is nooit laat nie, minstens 15 minute voor die tyd arriveer sy gewoonlik in die waggebied.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Vlerke van ’n duif” sub_title=”April 16, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.vryeweekblad.com/klubhuis/2021-04-15-vlerke-van-n-duif/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/vryeweekblad.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Ag, as ek maar vlerke soos ‘n duif gehad het, sou ek wegvlieg en ‘n woonplek soek; ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly. –Psalm 55:7
“As Dawid dit kon handle kan ek ook”, sê ‘n man vir my eergister. Dit was na aanleiding van die emosionele drukgang waarin hy nou moet probeer asem kry nadat hy by sy vrou gebieg het oor die affair wat hy al ‘n jaar lank mee besig was. Hy is ‘n gelowige man, en daarom sien hy ‘n sterk ooreenkoms …..
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Phobia: The Fear that Makes No Sense” sub_title=”April 14, 2021 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/phobia/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
However, about 10% of the adult population experience unrealistic or “illogical” fears, which are called phobias. Phobias are normally not sensible, and people suffering from specific phobias realise the illogical nature of their fears. For example, people who are intensely scared of spiders normally realise that almost all spiders are harmless, and that spiders are probable more scared of humans than the other way around. However, they still continue to experience their fears in spite of knowing that these fears are “unnecessary”.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Obsessive-Compulsive behaviour increases as a result of COVID-19″ sub_title=”February 26, 2021 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/obsessive-compulsive-behaviour-increases-as-a-result-of-covid-19/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
The symptoms of obsessive-compulsive disorder (OCD) are not to be confused with perfectionism, with the need for things to be orderly, or with a strong drive for neatness and order. OCD is a psychological disorder which causes the individual to have repetitive thoughts (called “obsessions”), and/or results in the individual wanting to perform certain routines repeatedly (called “compulsions”). These repetitive thoughts and actions causes the individual great distress.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Veranderinge in die konteks van Covid” sub_title=”Januarie 15, 2021 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/algemene-veranderinge-in-die-konteks-van-covid/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Dit is duidelik dat COVID-19 die wêreld soos ons dit ken, permanent verander het. Tydens Maart 2020 het die meeste mense gedink dat die effek van COVID-19 teen Augustus 2020 verby sou wees. Toe dit blyk om nie die geval te wees nie, was die hoop en vertroue darem daar dat 2021 verligting sou bring. Dit is egter nou vir die meeste mense duidelik dat die pandemie die manier hoe ons na die wêreld om ons kyk, onherroeplik verander het. Al stabiliseer die mediese- en ekonomosie implikasies van die virus uiteindelik, sal die mensdom nooit ….
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Understanding Anxiety in the time of COVID-19″ sub_title=”November 12, 2020 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/understanding-general-anxiety-in-the-time-of-covid-19/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
The experience of anxiety has many names. Being stressed, tense, worried, anxious and “on the edge” (amongst others) are all descriptors of a specific process occurring in your body as a reaction to perceived threat. The term that is generally used to describe this process, namely “anxiety”, can be confusing to some as it suggests an emotional experience. Although the experience of anxiety/stress/worry certainly leads to certain emotions, it is not emotional in its origin.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Middeljare krisis” sub_title=”Oktober 16, 2020 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/middeljare-krisis/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Die sogenaamde middeljare is die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hulle sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorlê nie. By mans is hierdie lewensfase min of meer van toepassing tussen 40 en 55, en by vroue 35 tot 50. Menige beskrywings en definisies word aan hierdie tydperk in mense se lewe gegee, en veral ten opsigte van mans is daar bekende clichés wat gereeld gebruik word om van mans se optrede in hul middeljare te beskryf. Die oorheersende behoefte om skielik ‘n sportmotor aan te skaf.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Overeating escalates during pandemics like Covid-19″ sub_title=”August 25, 2020 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/overeating-escalates-during-pandemics-like-covid-19/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
During May 2020, the data analysis company Ipsos conducted a large online poll (16 000 individuals) among South Africans. Individuals were asked which psychological difficulties they experienced as a result of Covid-19. The results indicated that most people experienced anxiety (31%). Significantly though, is that together with under-exercising, 29% of individuals reported that they indulge in overeating. The prevalence of overeating even exceeded reports of depression or insomnia.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Stigmatising in the time of COVID-19″ sub_title=”July 20, 2020 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/stigmatising-in-the-time-of-covid-19/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
President Cyril Ramaphosa has recently urged South Africans to actively oppose the stigmatisation of Covid-19 patients. It seems that the problem of stigmatisation is more far-reaching than most people are aware of. In several communities it is increasingly reported that individuals with symptoms of COVID-19, or even individuals who are suspected to carry symptoms of COVID-19, are being ostracized from their communities. In some cases, communities actively protest against individuals and there are numerous reports of ….
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Die siekte van ons tyd” sub_title=”Mei 19, 2020 by Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/die-siekte-van-ons-tyd/” button_url_new_window=”on” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Wêreldwyd word gepraat van ‘n “depressie-epidemie”, en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in ‘n modern wêreld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die toestand is nie. Om maar enkele voorbeelde te noem: In Suid-Afrika is depressie die tweede grootste oorsaak van sterftes by mense tussen die ouderdomme van 15 en 25, en een uit elke vier tieners wat aan depressie ly het al selfdoodpogings aangewend. Ongeveer twee-derdes van alle selfdood in Suid-Afrika gebeur met mense tussen die ouderdomme van 20 en 39.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”A Rational Relationship?” sub_title=”May 13, 2020 by Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/a-rational-relationship/” button_url_new_window=”1″ _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
I often find in private practice, especially in working with couples, that people expect their partners to mostly act in a rational, logical way. This expectation often leads to the fatal effort to try and “change someone’s mind”, and mostly to conflict upon conflict. For example, if a loved one complains of having feelings of self-doubt or worthlessness, the partner in this relationship normally tries to provide logical reasons why the loved one should not feel that way. Although people generally intend to help, we know that people seldom change their personal experiences….
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Skisofrenie” sub_title=”Mei 13, 2020 deur Louis Awerbuck” button_text=”Read more” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/skisofrenie/” button_url_new_window=”1″ _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Daar bestaan baie wanopvattings oor skisofrenie, asook wat die term “skisofrenie” eintlik beteken. Baie van hierdie wanopvattings bestaan omdat skisofrenie ‘n ingewikkelde siekte is om te verstaan, asook om te diagnoseer. Skisofrenie beteken nie ’n “gespelete persoonlikheid” nie. Laasgenoemde is ‘n populêre term wat verwys na die rare voorkoms van veelvuldige persoonlikheidsversteuring, wat nie verband hou met skisofrenie nie. Die meeste mense met ‘n diagnose van skisofrenie is nie gewelddadig of gevaarlik nie, en woon meestal op hulle eie of by familie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Wees sterk in tye van afsondering” sub_title=”Maart 30, 2020 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/eikestadnuus/nuus/wees-sterk-in-tye-van-afsondering-20200325-2″ button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/eikestad1.jpg” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Sonder dat ons ‘n keuse het, maar vir die regte redes, is almal in Suid-Afrika verplig om vanaf 27 Maart 2020 tuis te bly en hulself sosiaal vir drie weke af te sonder. Hoewel die voordele van sosiale afsondering voorkeur geniet omdat dit so baie mense se lewe kan spaar, kan sekere van die ander gevolge van hierdie proses vir individue moeilik wees om te hanteer. Sosiale afsondering hou een groot emosionele gevaar in: eensaamheid.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Die rol van die man in ‘n krisis?” sub_title=”Desember 22, 2019 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.louisawerbuck.co.za/die-rol-van-die-man-in-n-krisis/” button_url_new_window=”1″ _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Wat beteken dit in ons huidige samelewing om ‘n man te wees? Wat mág ‘n man deesdae doen en wat nie? Wat ís die rol van ‘n man? Is dit oukei om manlik te wees? Mag ons nog onderskei tussen mans en vroue? Wat beteken dit in ons huidige samelewing om ‘n man te wees? Wat mág ‘n man deesdae doen en wat nie? Wat ís die rol van ‘n man? Is dit oukei om manlik te wees? Mag ons nog onderskei tussen mans en vroue? Is dit nie van die vrae waarmee ons tans gekonfronteer word nie? Dit is deesdae baie moeilik om ‘n man se rol te definieer.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Is ons alleen?” sub_title=”September 9, 2019 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/eikestadnuus/nuus/is-ons-alleen-20190904-2″ button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/eikestad1.jpg” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Eensaamheid het nie altyd te doen met die hoeveelheid mense om jou nie – jou emosionele en intellektuele verbintenis met ander en hoe gekonnekteer jy aan die mense in jou omgewing voel, kan ook bepaal of jy eensaam gaan wees of nie. Alleenheid (waar ander mense fisiek afwesig is) kan dus eensaamheid veroorsaak, maar om alleen te wees, maak ‘n mens nie noodwendig eensaam nie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”As die “swart hond” aan jou deur klop, kry spoedig hulp” sub_title=”Oktober 28, 2019 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/eikestadnuus/nuus/as-die-swart-hond-aan-jou-deur-klop-kry-spoedig-hulp-20191023-2″ button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/eikestad1.jpg” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Ondanks volop beskikbare inligting oor en toenemende begrip vir depressie, is dit duidelik dat mense nog nie die volle impak van hierdie siekte besef nie. Wereldwyd word gepraat van ‘n “depressie-epidemie”, en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in ‘n moderne wereld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die siekte is nie.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Resensie: Ek en jy verskil hemelsbreed deur Louise van Coller” sub_title=”Desember 10, 2014 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.litnet.co.za/resensie-ek-en-jy-verskil-hemelsbreed-deur-louise-van-coller/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/litnet1.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Louise van Coller definieer haar self as ’n “Christelike huweliksberader” vir die doeleindes van haar boek Ek en jy verskil huweliksbreed. Op die omslag, asook in die voorwoord en inhoudsopgawe, maak sy dit duidelik dat haar boek poog om as ’n praktiese handleiding te dien vir huweliksverryking. Van Coller se boek val dus in die genre van self-help, maar ook spesifiek met ’n duidelike religieuse invalshoek.
[/dica_divi_carouselitem][dica_divi_carouselitem title=”Bied die hof geregtigheid vir die mishandelde persoon?” sub_title=”Desember 17, 2014 deur Louis Awerbuck” button_text=”Lees meer” button_url=”https://www.litnet.co.za/bied-die-hof-geregtigheid-vir-die-mishandelde-persoon/” button_url_new_window=”on” image=”https://www.louisawerbuck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/litnet1.png” _builder_version=”4.11.2″ _module_preset=”default” custom_button=”on” button_text_size=”14px” button_border_width=”1px” button_border_color=”#4f4c4c” box_shadow_style=”preset1″ global_colors_info=”{}”]
Rinda Botha verwys tereg in haar artikel na die “onaangename werklikheid” van huishoudelike geweld. Die statistiek wat sy aanhaal ter ondersteuning is, alhoewel amptelik korrek, waarskynlik net die ore van die seekoei. Bloot uit persoonlike ervaring in privaat praktyk is dit duidelik dat vele gevalle bloot net nie bekend gemaak word nie. Regoor die wêreld is dit oorwegend mans wat die skuldiges is.
[/dica_divi_carouselitem][/dica_divi_carousel]
Boeke
Ek & Jy Verhoudings wat werk
Is jou verhouding met jou maat moeilik? Dit lyk asof ons eenvoudig nie weet hoe om verhoudings te laat werk nie. Hier is ‘n werkbare oplossing. In Ek & Jy kyk die outeurs nugter na liefdesverhoudings en vriendskappe in hedendaagse tye: hoe dit ontstaan, ons verwagtinge, hoe om te onderskei tussen korttermyn- en langtermynverhoudings, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament. ’n Praktiese handleiding vir nuwe en bestaande verhoudings asook familie of kollegas.
Anderkant uit
Louis Awerbuck met Hanlie Retief & Lise Swart(2015)
In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone én beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is ‘n versameling van onderhoude met dié mense wat trauma en teenspoed beleef het – van verslawing, misdaad en siekte tot verlies – en daarin geslaag het om weer op te staan.
Die onderhoude word opgevolg deur ‘n kort bespreking oor die impak van trauma op dié mense se lewens deur die sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? Op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar – soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer – kan ons wel kies hoe ons reageer op die onverwagte wat na ons kant toe kom.
Wie is ek?
Louis Awerbuck met Lise Swart (2014)
Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.
Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op Louis en Lise se RSG-radioprogram – Wie is ek? – met Louis en Lise, is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan.
Die drie afdelings van die boek – ‘Wie is ek?’, ‘Waarmee sukkel ek?’ en ‘Wat nou?’ is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.