Louis Awerbuck
Louis Awerbuck is as kliniese sielkundige in privaat praktyk sedert 1995. Sy loopbaan het in diens van die SA Polisie begin, waar hy ‘n eenheid van Misdaadgerigte Sielkunde inisieer het. Gedurende hierdie tyd het hy nagraadse navorsing gedoen oor profilering van reeks-moordenaars en verkragters.
Hy het sy Honneurs graad in sielkunde, sowel as ‘n Hoër Diploma in Onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Gedurende hierdie tydperk het hy ook by die Health Professions Council van Suid Afrika as ‘n psigometris geregistreer. Keuring in kliniese sielkunde het Louis na die Universiteit van Johannesburg geneem, waar hy ‘n meestersgraad in kliniese sielkunde (cum laude) behaal het. As deel van verdere nagraadse studies was hy later betrokke met bedryfsielkunde by die Noordwes Universiteit en sport sielkunde by Stellenbosch Universiteit.
Louis was betrokke by die opleiding van nagraadse studente in sielkunde, en is ‘n geregistreerde praktisyn van Neuro-linguistieke Programmering. Hy publiseer gereeld psigo-ovoedkundige artikels in gedrukte- en sosiale media. Louis is die mede-skrywer van Wie is ek? (Naledi), Ek & Jy, Verhoudings wat werk (NB Uitgewers) en saam met Hanlie Retief die mede-skrywer van Anderkant uit, verhale van hoop (Tafelberg).
Hy spesialiseer al vir meer as 25 jaar in psigoterapie met volwassenes en verhoudingsmaats, sowel as met sielkundige assessering, regsmediese getuienis en sport sielkunde. Hy tree gereeld as spesialis getuienis op in strafregtelike sake, en het verskeie kere in Landdros- en Distrik Howe, asook die Hoër Hof van Suid-Afrika getuig. Louis het ook al in die Appel Hof van Suid-Afrika getuienis gelewer. Op die veld van sport sielkunde was Louis betrokke by die Blou Bulle rugby Unie, Holland Nasionale rugby, St Albans Hoërskool,Waterkloof High School en Hoër Jongenskool Paarl). Hy het ook met verskeie individuele atlete op ‘n provinsiale, nasionale en Olimpiese vlak gewerk met die oog op die verbetering van prestasie.
By geleentheid tree Louis as konsultant op vir korporatiewe maatskappye in die areas van leierskapsontwikkeling, die bestuur van verandering, en interpersoonlike vaardighede. Vorige klïente sluit Anglo American Corporation, De Beers, Deloitte & Touche, PPC, SA Breweries, SAP Southern Africa, ABSA, Standard Bank, SA Reserwebank, Fedsure, Nedcor, Eerste Nasionale Bank, en BKB in.
Huidiglik tree Louis op as ‘n direkteur van SA Centre for Mental Health. Afgesien van sy betrokkenheid in kliniese sielkunde, bied hy deur die Sentrum psigo-opleiding aan die algemene publiek via verskeie nasionale media platforms.