Dr Louis Awerbuck PhD

Kliniese sielkundige

Dr Louis Awerbuck is sedert 1995 ‘n kliniese sielkundige in privaat praktyk. Sy loopbaan het in diens van die SA Polisie begin, waar hy ‘n eenheid van Misdaadgerigte Sielkunde geïnisieer het. Daartydens het hy ook nagraadse navorsing gedoen oor die profilering van reeks-moordenaars en verkragters.

Hy het sy honneursgraad in sielkunde sowel as ‘n hoër diploma in onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. In hierdie tydperk het hy ook by die Health Professions Council van Suid Afrika as ‘n psigometris geregistreer. Louis het sy meestersgraad in kliniese sielkunde cum laude aan die Universiteit van Johannesburg behaal. Hy het ook nagraads gestudeer in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en sportsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Louis het ’n PhD in Europa behaal, deur middel van navorsing in die veld van forensiese sielkunde.

Louis was betrokke by die opleiding van nagraadse studente in sielkunde, en is ‘n geregistreerde praktisyn van Neuro-linguistieke Programmering. Hy is geregistreer as regsmediese praktisyn by South African Medico-Legal Association. Hy publiseer gereeld psigo-ovoedkundige artikels in die gedrukte en sosiale media. Louis is ook die mede-skrywer van Wie is ek? (Naledi), Ek & Jy – Verhoudings wat werk (NB Publishers) en saam met Hanlie Retief was hy ook die mede-skrywer van Anderkant uit – stories oor trauma & hoop (Tafelberg).

Hy spesialiseer al vir meer as 30 jaar in psigoterapie met volwassenes en verhoudingsmaats, sowel as in sielkundige assessering, regsmediese getuienis en sportsielkunde. Hy tree gereeld as spesialis-getuie op in strafregtelike sake, en het verskeie kere in die landdroshof, distrikhof en hooggeregshof getuig. Louis het al in die appélhof deskundige getuienis gelewer, en is ook deur die Professionele Raad vir Sielkunde as deskundige getuie geroep. Sy medies-regspraktyk fokus hoofsaaklik op evaluasies van strafregtelike toerekeningsvatbaarheid en omvattende sorg-en-kontak-assesserings.

Op die veld van sportsielkunde was Louis betrokke by die Blou Bulle se rugbyunie, die Nederlandse nasionale rugbyunie, St Alban’s College, Hoërskool Waterkloof en Hoër Jongenskool Paarl. Hy het ook met verskeie individuele atlete op ‘n provinsiale, nasionale en Olimpiese vlak gewerk met die oog op die verbetering van prestasie.

By geleentheid tree Louis as konsultant op vir korporatiewe maatskappye rakende leierskapsontwikkeling, veranderingbestuur, en interpersoonlike vaardighede. Vorige klïente sluit in Anglo American, De Beers, Deloitte & Touche, PPC, SA Breweries, SAP Southern Africa, ABSA, Standard Bank, SA Reserwebank, Fedsure, Nedcor, Eerste Nasionale Bank en BKB.

Louis is ‘n direkteur van die SA Centre for Mental Health. Afgesien van sy betrokkenheid in kliniese sielkunde, privaat praktyk, en ’n regsmediese praktyk, bied hy deur die sentrum psigo-opleiding aan die algemene publiek aan via verskeie nasionale media platforms.

Louis is aktief betrokke by konsultasie aan organisasies op die gebied van persoonlike ontwikkeling. Sy werk sluit verder die fasilitering van spanontwikkeling-inisiatiewe en die bevordering van interpersoonlike en kommunikasievaardighede binne organisasies in. Daarbenewens tree Louis gereeld op as motiveringspreker en bied hy psigo-opvoedkundige praatjies aan oor ’n verskeidenheid sielkundige, gedrags- en menslike prestasieverwante onderwerpe.

Dr Louis Awerbuck